Sondag 11 Oktober 2009

The feeling of being in your arms

You hold me close, so close to your heart
I can hear your heart beating against my face.
You holding me, folding me tightly in your arms.

We move as one, aware of each other’s every step,
Flowing in harmony with the music, tranquil like a
stream, tiptoeing over each round slated stone.

As I turn my face towards the heavens above,
I look into the eyes of an angel, smiling down at me.
The love you feel radiates like a sparkling star above.

How can one being on earth be so right for another?
How can one love another with the rhythm of God’s creation?

The feeling of being in your arms,
turns all wrongs to rights…
makes me forget about all other.

Let’s move to the rhythm of love
Let’s love to move the rhythm together.

For now until eternity!



9 Desember 2004

Sondag 20 September 2009

Raaiselagtig

Jy staan voor my
aan niemand se sy.
Jou bloue kykers
slaan in soveel harte spyker.
'n Glimlag pluk aan jou mond.
Is so alleen wees gesond?
Ouer bloed in die bed,
word jonger bloed belet?

Jy is 'n raaisel vir my,
so alleen aan niemand se sy!

(2003-04-03 : Die blou-oog meneer hehe)

Saterdag 19 September 2009

Awakening

Ode to lost men, or is it boys?

You have so much to give
but so many to please.

Trying to be a man.
Whilest still holding on the boy inside.

You are not a boy, but not yet a man.

Looking for a flirt, it seems.
But deep down it is love.

Seeking
but not finding!
Wanting
but not getting!
Wanting to give up...

Give up and be a boy?
Try hard to push through

WOW
The awakening of a man!!

(2003-04-22 : Weer die meneertjies, ek en my vriendin het lekker in die wetenskap klas gesit en liries raak oor die menere.)

Ontwaak

Mansmens van die lewe,
waarom jou mond jou begewe?

Alleen soos die nag
verskuil jy jou prag!

Jy kruip weg agter 'n boom,
is jy bang jy word gekloon?

Jy lyk so alleen.
Watwou, is jy nog nie gespeen?

Vasgevang in die grootheid
so in jou werklike kleinheid!

Kruip soos 'n skilpad uit jou dop,
DAAR IS 'N LEWE OM TE KLOP!!

(2003-04-22 : Weereens die onderwysers waarop ek en my vriendin gecrush het.)

Stoei met jou

Ek het so lank gestaar na jou:
leeg
wit
sonder woord...

So lank nie geskryf nie.
SO lank terug laas uitgestort.
So lank terug aan als gedink.

Waarom het ek opgehou:
dink
skryf
neerpen...

Te besig vir my pen
Te besig vir my papier
Te besig vir my altyd bewuste onderbewuste.

Hoe dink jy as jy nie weet waaraan nie?
Hoe probeer jy sin maak waar niks wil ink nie?
Die warboel maak nie sin sonder struktuur...
Hoe gee jy struktuur aan dit wat nie wil sin nie?

Soveel verdomde vrae...
So min: tyd, geld, raad, verstaan...
ensovoorts tot in der ewigheid

Ek wil sin maak op papier
Ek maak myself deurmekaar op papier
Tyd is op...
verdomp

(2009 op die lughawe besig om te wag vir my man om terug te kom van die Kaap af.)

Jy en 'n haar

Ek maak jou klaar
aan die einde van die jaar.
Wat gaan ek eerder wil vashou:
Vir jou of miskien vir 'n haar?

Gaan ek nog na die tyd in jou
gange wil loop?
Gaan ek eerder groter gange gaan beloop?

Ek raak gemaklik in jou arms;
dit kan my blind maak vir ander.
As ek kies om jou te verlaat,
sal my droom nie versaak.

Jy het vir my 'n toekoms,
tog kan my toekoms saam met 'n ander le.
Vir al wat ek weet kruis ons toekoms weer.

Binnekort sal daar 'n vurk le in my pad.
Dalk saam met jou f miskien vir 'n haar.

(2007-04-20)

Twee werelde

Ek sit met my voet in twee werelde:
Die een van my hart
Die ander van my verstand
Beide belowend en saal vrugte werp.

Ek's 'n jong boompie wat maklik buig
en sodoende my drome kan bestyg.
WIl ek vlieg emt my hart
of wil ek eerder met my verstand?

My hart en verstand baklei met mekaar.
Met watter kompromie gaan ek by skaar?!
My verstand kan groei terwyl
my hart haar drome lieflik verwyl.

Ek sit met my voetin twee werelde:
Die en van my hart
Die een van my verstand
Beide belowend wat 'n groter wereld oopmaak.

Die een hoef nie terug te staan vir die ander:
Hulle gaan dalk net wag vir mekaar
Die een gaan net eerste aankom daar.
Die ander een dalk my van besluit laat verander.

Ek sit met my voet in twee werelde:
My hart en my verstand.

'n Kans
in die vooruitsig
sal ek moet vat.

(2007-04-20 : Gaan ek met 'n gesin begin of gaan ek aangaan met my studies. Voor ek geweet het...)

Verlange van 'n koshuisstudent

Vanaand;
'n natweer, koue aand.
Voel ek hoe my hartjie in een trek,
voel ek hoe ek met elke milimeter van my na jou verlang.

Vanaand;
'n natwang, lee arms aand.
Huil ek my verlange uit saam met die reen.
Soek ek verlangend na jou warm, kloppende lyf teen myne.

Vanaand;
'n yskoue aand, 'n alleen aand.
Jy sit kilometers ver van my by ons huis.
Ek sit hier, vasgevang in my koshuishokkie...verlangend.

Vanaand is ekstra koud en nat.
Vanaand is ekstra alleen.
Vanaand is gevul met ekstra verlang.

Vanaand...
my engel: Verlang ek na jou!
More...
my lief: Sien ek jou...!

(2004-03-06 : Ek was in Lebone koshuis by RAU, het skaars 3 maande gehou op die kampus toe trek ek terug huistoe.)

What if?

What if it's meant to be?
What if age is just a number?
What if we, despite our age, lose control?
What if the what if's just stay what if's?

The truth is:
I want the what if's tot stay just that.

BUT WHAT IF...

A pandora's box of what if's
nothing good can come of it...
but what if...

But what if this is all wrong?
- which I think it is -
But what if destiny intended it so?
Or is it just a wise lie?

What if this is just a scam to fill
the lonely gaps in our lives?

What if it's the beginning of something great?

No more: "What if's".

Friendship it will be.
I'll be sure to keep it just that!
We will fill the holes by being there for each other.

But what if?

(2003 in die einde van die jaar iewers. Min het ek geweet dat ek nie die afstand sou kon hou nie hehe ;) )

Uurglas van trane

Die tyd in die uurglas loop uit,
dit was tog nodig dat die trane my wange bleik.

Die seer het die damwal laat breek,
ek wonder waar was ek en jy die week?

Die dagbreek het my gevind...
Die trane het tog lig gebring.

Jy het my teen jou vasgedruk en getroos.
Verstaan dat ek voel so broos.

Jou oe was so sag soos sy
Jou aanraking so deurdag.
Jou soetwoorde het my gevorm soos klei
en my mond weer laat lag!

Die tyd in die uurglas loop uit,
dit is tog 'n feit.
Onthou net:

Draai die uurglas om dan weet ek jy gee om.

(2004-05-14 : eerlik, ek het geen idee hoekom ek hierdie gedig geskryf het nie. Dit was tydens my eerste jaar op universiteit. dis al wat ek weet.)

Guess I will never know

I'm in conflict with my innerself.
Yet I don't know what it is about.
I think of a couple of things that it can be
but I'm not sure which it is?

I guess i'm starting to miss that which I never had.
I have reached a point where I don't know what to believe;
whether you did it or not!
I was just a child, how was I suppose to know?

I have flashbacks about that time.
Yet I don't know if it can be trusted.
I just kbow one thing...
I miss having you around.

I miss the things I spy from my friends:
seeing the glint in your eyes...proudness.
seeing the smile on your face...acceptance
...I don't know how it feels!

It never bothered me before, why?
I never needed you so bad before, that's why!

Where ever you are, waht ever you are doing...
Do you think of me?
Do you miss me?

Are you proud of me?

Guess I will never know...

(2003-07-04)

Pappa

Dis Vadersdag vandag
en ek verlang na my pa.
Ek dink terug aan pa se oe so sag
en heo, toe pa moes gewerk het, gepla.

Pappa spook die laaste tyd by my
Ek verlang na pappa, en hoe dit ook-al sy
wat pappa ook-al gedoen het,
het pa my ook lief, dit kan ek wed!

Ek glo pappa dink aan my vandg
ek ek hoop pappa lag.
Ons is so ver weg van mekaar,
tog weet ek pa is daar!

Vandag soek ek pa se bruin oe
tussen al die mense.
Ek weet nie of pappa my glo,
maar dis ene van my grootste wense;

Ek wil pa weer sien,
want 'n verduideliking is wat ek verdien.
Ek het lankal opgehou om kwaad te wees,
want my hart het jare gehad om dieper te lees.

Pappa, so in pa se verheid,
is ek lief vir pa in my hart se nabyheid.

(2003-06-15)

Deur my oe

Ek wil skryf oor die liefde,
maar al wat kom is griefte.
Liefdevolle harte wat breek
en monde wat om genade smeek.

Ek wil skryf oor die skone natuur,
wat gevreet word deur vuur.
Lewendgewende bome wat huil
terwyl onskuldige diertjies in hulle skuil.

Ek wil skryf oor die soete vreugde,
maar in soveel harte is daar 'n leegte.
Borrelende laggies nou vergete.
'n Stryd geveg verbete!

Ek wil skryf van die mooi in die lewe,
sonder om mense van vrees te sien bewe.
Ek skryf sommer van die lewe
hoe ek dit belewe.

(2003-05-14: Ook maar rondom die tyd wat ek en Roelof uitgemaak het.)

Hou op by my spook!

Soutreuk in my neus, branders om my voete.
Oe wat uistaar oor die bloue ewigheid.

Man van Yster, waarom spook jy by my?

My gedagtes wandel soos my voete op die strand...
'n Soet glimlag pluk aan my mond;

met 'n ystergreep het jy my fantasiee aangegryp

Jou kyke so ontstuimig soos die see
Jou glimlag so stralend soos die oggendson
Jou ystergreep soo die van 'n gesoute seeman

Ek sak neer op die growwe sand, noudat ek daaraand dink:
So grof soos jou manlike bakkies.

'n Stuk dryfhout spoel langs my uit.
Hartseer verspoel my kykers...

So selfversekerd, so koel en in beheer
het jy voorgekom...voorgegee?

My kykers het dieper gedring...binne jou
siel het ek 'n bootjie op die oop see gesien;

Onstuimig soos jou kykers, het die winde jou gepluk.
'n Front werk nie met my nie.
Jy spook by my:

Jy is 'n raaisel vir my wat sonder 'n antwoord staan!
Alleen
soos die oop see, word jy omring deur baie.

Ysterman van my herinnering...
Hou asseblief op om by my te spook

(2003-04-03 : ons het so jong meneer gehad by ons skool toe ek in matriek was, jong maar ek en 'n vriendin het boeke vol gedigte oor die tweetjies geskryf. DIe onnie het nie lank gebly nie, toe verlaat hy die onderwys.)

Dierlike herinnering

JOu twee-gat jakkals!
Weet jy tog nie dat
'n sny brood nie albei
kante gebotter kan word nie?

Jou muishond vir 'n klot!
Groener weivelde kon jy nie by
my kry nie, toe gaan jy
maar terug na jou braaksel?

Jy is 'n sluwe slang,
moes geweet het daar is iets in die gras...
hy't gedreig om te spoeg,
maar ek't jou opgeskroef!

Jy's voel, gekluister in die verlede
- vol bevredigende drange -
Ek, 'n feniks, wat sweef na die toekoms.

Fenikstrane het helende kragte;
Ek is heel!

(14/04/03 Ek het met Roelof uitgegaan en die verhouding het tot 'n einde gekom toe hy nie sy luck met my kon kry nie.)

Scared and alone

Having to move on was one of the hardest things I ever had to do!
Letting go of all I thought was true and right, was just as hard.
I never doubted all you told me. I always thought all was true.
But because of all past disappointments, I'll never again let down my guard.

I guess, for now, I have to face the future alone
but I'm so scared to be alone in this heartless world.
I wonder how stuff could be, if all was to be foretold?
I will then never again have to wait for the ring of the phone...

I'm so scared to be a failure to all who looks up to me
scared that they'll truly see the fake that I am
Always trying to find someone, just not to be alone...it was all a scam!
I'm so afraid that everyone will find out, and punish me...

I just ask one thing: Please let me stop crying at night
and send someone I can trust to help me fight this fight.


(2003-05-06 - ek was op die punt om op te gee, my eks het my gelos en my hart was gebreek. Dinge was ook erger as ooit by die huis. Dit was letterlik weke voor ek my man regtig ontmoet het en hy in my hartjie ingekruip het.)

Survived to tell the tale

Caught in a maze, trying to survive.
Some days...a hopeless strife
Going deeper and deeper, getting lost
Overpowered by a hopeless front.

The maze trying to engulf me
If only an outcome I could see!
Oh of this situation I wish to be free,
but I doubt the surfacing of glee.

The hoplessness overpowers
standing over us like dark towers
The darkness sipping my brave soul
leaving me a coward fool.

Seeking for the light to escape
all exits a fooling fake
Tangled in a agonizing chain
please help me to stay sane!

Seeing the sound in my ear
A fooling of hope I fear.
Giving me false hope
then let going of the rope.

Fighting back with all I posses
wanting to get out of this hell!
Step by step getting out of the troubled wall
Against the with hope I press.

Trying to survive what the world throws at me.
Unable to flee the heartless cold.

A voice reach my ears
I see my salvation
Disappear the devastation
The greatful tears...

I exit the maze with a smile
my heart no longer in exile.
I stepped out in victory:
I survived tot tell the tale.


(2003-05-21: moeilike situasie by die huis, maar ook 'n response op 'n gedig wat ons in Engels gedoen het.)

Sondag 23 Augustus 2009

My mood at this very moment

Sinking

Deeper and deeper

Trying to see the way out

Wondering where it is

Wishing to find it

Hoping it’s the right way...


So much pressure

A lot of it my own

My own worst enemy.

How to defeat myself?

That’s the big question...


Sinking in a way

Not known to me

Seeming such a waste of time

A waste of resources

A waste of effort


Everything seems fine

Can’t see the worry

Can’t feel the shudders

Can’t be there if you don’t know...


It doesn’t seem so bad

Peddling to stay afloat

Worst things in life than this

Comparing it


A way out there is...

A way out possibly...

Resting

Doing nothing

Just sitting

Not at all possible


No rest for the wicked...

Well at least not for me.


(23 Augustus 2009: 20:12)

Sondag 26 Julie 2009

Die studie van gedigte

Ek voel dikwels dat daar soveel dinge vir mense in skole geleer word wat nie regtig sin maak nie. In baie opsigte goed wat hulle nie regtig kan gebruik nie.

Die studie van gedigte kan soveel meer vir die kids op skool leer as wat tans die geval is. In plaas daarvan dat leerders los gedigte doen wat jaar na jaar herhaal word...hoekom dit nie verander nie??

Op varsity moet ons verskillende digters ontleed en hul bundels bespreek. Maar op skool word ons nie hiervoor voorberei nie. Is skool nie veronderstel om ons voor te berei vir wat naskool kan gebeur nie? Dis nie meer so ongewoon om afrikaans as vak te he as jy gaan swot nie.

Nou hier is my voorstel: Hoekom kan die verskillende grade nie fokus op een digter vir die volle duur van die jaar nie? Maar dan kyk hulle na werk wat oor 'n tydperk geskryf is. Hulle gaan soveel meer leer oor die ontleding van gedigte en hulle leer nog meer van die betrokke digter.

Een digter wat ek al klaar aan dink is Antjie Krog. Ons kids van vandag kan soveel leer by haar. Wat dink jy?

Sondag 12 Julie 2009

Om te reflekteer...

Die gedigte hieronder is geskryf vanaf graad 9 tot graad 11. 'n Deurmekaar tyd van wie ek was en wie ek wou wees en wat mense gedink het ek was. Graad 12 wat donkerder, maar ook interessant. Daar sal seker nog so hier en daar gedigte opduik wat in hierdie era geskryf is. Maar dinge moet altyd eers slegter raak voor dinge beter kan raak.

En dit is seker nou tyd om te gaan slaap. Dis immers 12:29am.

Puppy love or puppy hatred?

I hear a puppy cry and a man laughing!

My puppy tearing the skies, ripping it,
with its bloodcurling screams.

How can a man, a human being, be so cruel?

How can my own mother stand by and
listen?
Lauging?
but doing nothing?

I love my puppy-dog.
But how can I stand and watch?

I can see the sadness in those puppy-eyes!
I can hear the weeping sound, the sound of mercy being begged!

The mercy that fails to come,
only more dogs trying to kill mine's soul.

I can feel my heart...
thumping, trying, screaming for that madman to stop!!
But only my heart that screams..my voice choking to say a peep...

What am I to do?
What am I to say?
What am I to do...

(Dis was die mees hartverskeurendste gedig wat ek nog in my lewe geskryf het. Ek het gehuil toe ek destyds die gedig geskryf het, want ek kon hoor hoe my hond...Een van die vele dele van my verlede waaroor ek bly is dat dit wel verby is.)

The lightbearer of English: Ode to dr. van Jaarsveld

You stand infront of us like an anchor.
We are completely relaxed, we stress no more.

We can only thank the creator
for a teacher that none of us can ignore.

But now we are standing in blindness.
Because you are going away and so will your kindess.

We wish you weren't standing at the door.
Because whom are we now going to adore?

We choose not to thin, as to ignore.
We can no longer do so because it's a factor.

We are going to miss this creature.
As to her return?
I am changing into a believer!

(Juffrou van Jaarsveld was 'n stunning Engelse onnie wat jou anders oor baie dinge laat voel het. Haar dag was gemaak as sy die liggie in jou oe sien aangaan het as jy uiteindelik verstaan het. Baie dankie vir die lesse wat juf my geleer het wat help dat ek vandag so 'n suksesvolle onnie is.)

Liewe Ma

Ek skryf die brief omdat ek voel dat ma my verstaan.
Dis nie dat ek agteraf is nie, maar pa sal nie verstaan as ek met hom praat.
Ma luister altyd eers klaar voor ma veroordeel of slegse.

Die brief gaan oor my plek in die wereld.
Ek weet nie meer mooi waar ek hoort nie!
Hoort ek by die mense wat vry is of
by die opgesluite, halsband-mense?

Die brief gaan oor my regte om te praat,
my reg om te se hoe ek voel...
maar waarom word ek uitgevreet oor my mening?
Waarom word my kant van die saak nie raakgesien nie?
Waarom is my lewe soos een lange brief?
Waarom voel elke punt en komma vir my soos 'n stopstraat?
Waarom word ek altyd in 'n koevert gestop en gepos na die plek waar ek nie wil wees nie?

Die brief gaan nie oor antwoorde nie, maar om vir ma ook te wys dat ek voel.
Ek weet nieof ma bewus is van my opstandighede, maar dit maak nie saak nie,
want ek weet ma is daar en dat ma...verstaan.....

Ma se dogter

(Soms gryp mens na strooihalms, wat nie altyd suksesvol is nie)

Saterdag 11 Julie 2009

Die muur

Waarom voel dit asof ek elke keer teen 'n muur vasloop?
En voel dit vir my asof ek my siel verkoop?
Waarom dwing die muur myom te bly?
Maak nie saak hoe ek skop en baklei...

My vader is daardie muur:
Ek het al gesoek, maar ek vind geen kuur.
AL my pogings van vriend- en beskaafheid
word ongeskik beantwoord met kru-heid.

EK weet dit is nie reg om jou vader te vrees.
Maar wat anders kan ek doen as om te gaan le in my gees?

Ek moet lief wees vir hom,
maar hoe kan ek hom ook so vreeslik haat?

Dis net vrae na vrae,
maar wat van antwoorde?

Sy woord is wet en met die afbreek van my selfbeeld
raak hy net vet.

(2002 het dinge baie erg geraak met my stiefpa, kom ons los die verduideliking net daar.)

Geloof as hoeksteen

Die Here en my pa

Die Here is by my.
By hom sal ek alles kry:
van liefde tot bystand
met hom aan my sy.

Hy veroordeel nie
en drink ook nie bier nie.
Hy is lief vir my as mens
en dink nie ek is kens.


Met die Here

Met die Here aan mykant
Met die Bybel in my hand
Met my siel wat ek nie kan verpand
Met my hart se vlam wat niekan ophou brand,
staan ek op die drumpel se rand.
Met die Here wat in my brand.

(Geloof en gedigte skryf het dinge makliker gemaak om te hanteer, nie eenvoudiger nie, net makliker)

Redenaars mantra

Met die Here aan my kant
en my speech in my hnad

Se ek hoe ek voel
en behou ek my cool!

(redenaars was 'n groot deel van my hoerskool loopbaan)

Die volgende twee was 'n Afrikaanse opdrag in my skrif.

Die brullende liefde

Die leeu die brul,
want sy geliefde het hom verkul.

Sy hart is in stukke.
Sy bene in krukke.

Hy kon nie help
om van die pyn te "yelp"

Hy het sy lewe verloor,
toe hy my hart probeer bekoor.


Lente
Die sonne skyn
en haat verdwyn
Liefde verskyn
en mondjies begin te kwyl.

Almal dink dis plain,
maar hoe kan ons explain
dat lente hier is om te bly
en liefde oral is om te kry?

(Natuurlik was dit rondom lente in graad 11. Mens kan soms so funny wees as jy rondspeel)

Positief?

Ek meot positief optree,
met 'n positiewe in my siel?

Ek is positief van my toekoms besteel...

Ek is positief:
positief dat my lewe deur 'n
positiewe verslag vernietig is;

of was dit daardie positiewe aand vol genot se skuld?

Die ou wat my so positief gemaak het,
so positief dat my lewe nooit weer negatief kan wees nie?

Vir hoe lank kan ek positief oorleef?

Positief siek
Positief dood
MIV dood

(Ek het dit geskryf vir die 2001 Afrikaans Ekspo, die tema was VIGS)

The feeling I thought I lost

The feeling
I thought I knew, now seem so unreal.

The butterflies...
did I imagine it before?
It was never to intense!

My thoughts wondering...
but never like this.

Emotions I knew so well, thought I knew...
Emotions overriding my whole being!

The feeling of being in love, has
never
ever
felt so intense before!

I thought I knew the feeling:
the feeling of being in love.

Now

I'm not so sure!
Glen, you made me feel something I never thought was possible.
Glen, you made me love again!

(2002, in graad 11. Ek weet dit, want ek het vir Glen ontmoet by die Skyfskiet in Bloemfontein toe ek my provinsiale kleure vir skiet gekry het.)

Pa

Jy's nooit daar as ek 'n pa nodig het nie...
Nooit as ek getroos moet word nie...
Nie eens om vir my 'n drukkie te gee nie!

Jy's altyd daar om my af te takel.
Altyd daar om my terug te hou.
Altyd daar om my te breek.

Ek het 'n pa nodig:
'n persoon om my te aanvaar
lief te he
te ondersteun

Ek het jou nodig om my op te help as ek val.
Ek het jou woorde nodig, sodat dit my kan vorm soos klei.

Ek het jou nodig...
Ek...het 'n pa nodig.

(2000: HW se moeilikheid begin, die emosionele en verbale afbreking waaraan my hoerskoolloopbaan gekenmerk was...)

Ode aan jou

Ek sit hier en skrywe,
hier op my eie.
Die lug rondom my is koud,
ek voel skielik benoud.

My hart trek saam,
want ek is eensaam.
My vingers is kaal,
want jy skryf in 'n ander lokaal!

Toe tref dit my,
ek moet die eensaamheid vermy
en dink aan later...
met ons twee langs die water!

Ek begin aan jou dink,
my gedagtes werk flink.
Jou karakter so sterk,
omdat jy alles so vinnig verwerk.

Ek mis jou.
Ja, tog so baie, maar ek sal nie kla.
"Jy is myne"
weergalm die basuine!

(2001 was ek in graad 10, duidelik het ek 'n ou gehad wat saam met my in die skool was. Moontlik Wikus...)

Biologie-liefde

Jou liefde is soos 'n mikroskoop:
Ek het elke deel geken en ontleed.
Ek het al jou dele en funksies geken.

Jy is vir my soos 'n biologie handboek:
alles wat ek nodig gehad het
om my kennis te verskerp, was naby...

totdat jy jou boek van my geneem het.
My kennis het verminder.
Ek het jou geken, totdat jy jou mikroskopiese krag
afgeskakel het.

Jy is nuo net 'n gedagte wat ek vaagweg onthou...

(duidelik geskryf in graad 9 toe ek nog biologie gehad het, ek dink Timothy was die inspirasie vir hierdie ene. 2000)

Rekeningkunde en die LO-saal

Die tyd is verstreke,
maar tog ruik die lokaal steeds na reuke.

Die stoele is leeg,
want almal staan buite en beweeg.

Die vraestelle is voltooi,
nou kan jy maar lekker ontspan in jou kooi!

Hierdie dag se sessies is verby:
toggie tog, sal die eksamen ooit ent kry?


(2001 se eksamen, maby junie of november, wie kan regtig onthou?)

Telleurstellings

Blommetjies langs die pad...
Blommetjies in die veld
- sit met
geboee
hoofde -
omdat ek ongelukkig is.

Alleen...

Bome langs die pad.
Bome in die grond geplant.
Een
Een op 'n ry
A L L E E N

Stroompie loop
Stroompie v
a
l

Alles v
a
l

a
l
l
e
e
n

(iewers in 2002 het sommige probleme hul toppunt bereik)

My very first valentine gift

Here I sit alone, here on my one.
My valentine there, and I
here

Distances away
- yet very close in at heart -
he understands me and I...

Well, I'm his friend.

Friendship can develop into
something beautifull
something worth sharing...

Here I sit alone
Yet,
really thinking of you
for the very first time.


(Damian was die oulikste ou, hy't blomme en teddies en koeldrank en chocolates aangedra, tog kon dit nooit meer as vriendskap wees nie. As ek reg onthou was hy in Afrikaans hoerskool Germiston in Lambton.)

Verlange se deel

My hart is vol drange,
ek sterf van verlange.

My toekoms lyk blinker,
maar my hart bly hunker.

Ek wens jy was aan my sy
en kon altyd by my bly!

Ek mis jou so baie,
ek skryf sommer boeke vol blaaie.

Ek hunker na jou arms om my
en jou woorde wat my vorm soos klei.

Ek droom van jou in nagte,
want in jou arms het ek geen klagte.

Jy vul my hart se leemtes
- ek vergeet skoon van die vreemdes -

Ek weet jy dink aan my
en dat dit ook altyd so sal bly!

(ai, die naiwiteit van 'n tiener wat glo dat haar tiener liefde vir altyd so sal bly. Dis so ironies, ek kan nie eens onthou vir wie en oor wie ek hierdie gedig geskryf het nie.)

Liefdesverraad

My gesig is vol trane,
my hande in drade.
Ek voel vol verraad,
want my hart is vol haat:

Sy was my vriendin.
Ek het haar die vreugde gegun.
Sy het my geluk laat vaal
- daarom voel ek so afgehaal -

Laat hom gaan,
want daar is baie op die baan!
Maar ek wil hom he,
daarom sal ek nie le!!

Na my eerste liefde het ek verlief geraak op een van die ouens wat saam met my geskiet het. EK het die fout gemaak om vir 'n vriendin te vertel...

Thoughts to ponder (my heel eerste gedig wat ek ooit geskryf het)

This is the poem of thoughts:

to write in every joy of my beloved boy
to criticise and to fanticise
to give and to forgive
to be loved by my love
to miss the one that is being missed
to want to feel your loving touch!

There could only be one desire that sends a warmth to my heart:
To look into your eyes and tell you that I love you.

Ek het nooit 'n datum by hierdie gedig geplaas nie, ai tog. Nou sal ek nooit weet wanneer als begin het nie.

Love fading into sorrow

It's been a month - maby two-
My love for you is starting to disappear.
I wish you would appear, out of nowhere.
To say that you have not forgotten me.

I feel so rotten
My heart laying in a coffin
Please phone
Please write...

to tell me everything is all right...

Dreams

I have dreams:
dreams so real I can touch it.

A dream to be in your arms once more,
to feel your sweet and smooth lips on mine,
to be able to fanticise again.

But those are only dreams:
Your strong hands won't touch the phone.
Your strong hands won't touch a pen.
You won't even keep in touch.

The only thought is so clear to me.
Your love ain't as strong as I thought.

Just words

Your lips so sweet
Your hands so strong
My heart desires both

BUT

now your lips so sweet, I do not feel.
your hands so strong, is not around my heart.

It seems that you have forgotten me...
You told me you love me.
But now, I see it was all words with no fireworks.

Goodbye...my once love.

Mens se eerste liefde hou ook nie vir altyd nie.

Bodylanguage

Two bodies
two hearts
that wishes to be one.

To share:
in each other's thoughts
each others lips in a kiss

To feel your hands walking around on my body...

I want to be free to love you.
To respect you like you respect me.
We have a language
- a body language -

To explore each other in every possible way
To love each other in every passing hour...

Like I love you now!

My eerste liefde, Timothy. Dit het my eerste gedigte gespark.

Vermis

Watter kant toe gaan 'n mens
wat nie weet watter kant toe nie?

Wat as die rigtings albei vol hobbels en versperrings is?
Wat as daar nie eens rigtings is nie?
Hoe kan mens so rigtingloos wees?
Sonder 'n kompas of nagster wees?
Waarom is alles altyd donker, so sonder die kleinste teken van lig?
Waarom word daar dan gese "aan die einde van elke donker tonnel
is daar 'n straal wit lig?"
Waarom vind ek nie die lig nie?
Ek is rigtingloos in die donker gehul...

waar hoort ek?

Verleentheid vs. Geleentheid

Die winde ruk my seile!
Die Noorde wink my nader,
maar die Suide wil nie laat los:

My bootjie dobber rond...
Watter kant toe?
Die Noorde vol geleenthede?
Die Suide vol verleenthede?

Die winde worstel met mekaar.
Ek sit besluiteloos net daar.
Ek hoor die gekraak van seile...

Skielik

hoor ek geen wind
voel ek geen bries
NOU dobber ek eers rond.

Geen dryfkrag van die wind.

Nou
net my eie.

Ek wou nie kies
Nou sit ek
vasgevang
besluiteloos
rigtingloos

Tussen my huisomstandighede en die skool, het ek baie lost gevoel.

Almal

Talent rondom my,
maar is daar werklik een vir my?

Valentyn is liefde.
Valentyn is vriende.
Valentyn is skynbaar vir almal.

Almal?
Wie is almal?

Het almal werklik 'n maat?
Werklik, bestaan daar 'n "match made in heaven"?

LIefde is vir almal...
jy moet dit en die persoon
net vind!

2002 Feb 14

16

Ek verkwalik gun, ek wonder net:

Waarom pas ek nie in nie?
Hoekom word ek alewig met ander vergelyk?
Is ek nie my eie wese nie?

Hoekom kan ek tog nie
volwasse, vertroulik, betroubaar, natuurlik
en eie aan myself gekenmerk word nie?

Is ek selfsugtig? Selfsugtig
om te smag na aanvaarding
om aanvaar te word vir wie en wat
ek is?

Dis moeilik vir 'n 16-jarige oor die algemeen, maar om dan bo dit als ook nie in te pas nie. Dit maak dinge baie moeilik vir 'n tiener.

Donkerste Glimlagte

Die lug rondom my is donker:
donderwolke stroom nader
asof die wind hulle soos seile vang.

Donker wolke:
so donker soos my siel
donker van hartseer
donker van verdriet

As die stormwolke se trane
eendag ophou en die glimlagte
soos strale deurbreek

dan sal ek weet dat die Here
nooit 'n vloed probleme stuur
sonder die wete van 'n
blink
nuwe
oplossing vir more nie.

Geskryf tydens 'n donker tyd in my skoolloopbaan.

Weerstand

Die weg met die meeste weerstand
is die gevolg van die meeste opstand.
Ouers se onregverdige antwoorde
lei tot tieners se mismoedige akkoorde.

Dit blyk dat ouers nie wil verstaan
- daar steek geen nut om te kla -
Ons ouers is onverstaanbaar
en volgens hulle is ons ongenaakbaar.

Is daar dan 'n oplossing vir sulke ouers?

Volg net die weg van die minste weerstand
en glo my, ouers sal later nie dink dis opstand.
Hulle behoort jou kant te gun
en dis 'n nuwe begin.

Geskryf iewers tussen 2000-2003

My life for me to live

If my life belonged to for once,
I could take the biggest chance;
I could drive like a maniac
and join the act pack.

If my life belonged to me tonight,
I could be riding a kite.
I would know that the dark skies
could be my limit.

If my life belonged to me,
I'll take the only thing I need.
With my heart in my pocket
and my guy in a locket, I could be free!

I f only my life was mine to lead,
I know I could be free.
There would be no care in the world
and no sister to scold.

For once let my life be mine.
Let me make my own decisions
and live through the collisions...

How else am I to learn
the cruel ways of life?

Geskryf op skool: Iewers tussen 1999-2003