Ek skryf die brief omdat ek voel dat ma my verstaan.
Dis nie dat ek agteraf is nie, maar pa sal nie verstaan as ek met hom praat.
Ma luister altyd eers klaar voor ma veroordeel of slegse.
Die brief gaan oor my plek in die wereld.
Ek weet nie meer mooi waar ek hoort nie!
Hoort ek by die mense wat vry is of
by die opgesluite, halsband-mense?
Die brief gaan oor my regte om te praat,
my reg om te se hoe ek voel...
maar waarom word ek uitgevreet oor my mening?
Waarom word my kant van die saak nie raakgesien nie?
Waarom is my lewe soos een lange brief?
Waarom voel elke punt en komma vir my soos 'n stopstraat?
Waarom word ek altyd in 'n koevert gestop en gepos na die plek waar ek nie wil wees nie?
Die brief gaan nie oor antwoorde nie, maar om vir ma ook te wys dat ek voel.
Ek weet nieof ma bewus is van my opstandighede, maar dit maak nie saak nie,
want ek weet ma is daar en dat ma...verstaan.....
Ma se dogter
(Soms gryp mens na strooihalms, wat nie altyd suksesvol is nie)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking