Die tyd in die uurglas loop uit,
dit was tog nodig dat die trane my wange bleik.
Die seer het die damwal laat breek,
ek wonder waar was ek en jy die week?
Die dagbreek het my gevind...
Die trane het tog lig gebring.
Jy het my teen jou vasgedruk en getroos.
Verstaan dat ek voel so broos.
Jou oe was so sag soos sy
Jou aanraking so deurdag.
Jou soetwoorde het my gevorm soos klei
en my mond weer laat lag!
Die tyd in die uurglas loop uit,
dit is tog 'n feit.
Onthou net:
Draai die uurglas om dan weet ek jy gee om.
(2004-05-14 : eerlik, ek het geen idee hoekom ek hierdie gedig geskryf het nie. Dit was tydens my eerste jaar op universiteit. dis al wat ek weet.)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking