Waarom voel dit asof ek elke keer teen 'n muur vasloop?
En voel dit vir my asof ek my siel verkoop?
Waarom dwing die muur myom te bly?
Maak nie saak hoe ek skop en baklei...
My vader is daardie muur:
Ek het al gesoek, maar ek vind geen kuur.
AL my pogings van vriend- en beskaafheid
word ongeskik beantwoord met kru-heid.
EK weet dit is nie reg om jou vader te vrees.
Maar wat anders kan ek doen as om te gaan le in my gees?
Ek moet lief wees vir hom,
maar hoe kan ek hom ook so vreeslik haat?
Dis net vrae na vrae,
maar wat van antwoorde?
Sy woord is wet en met die afbreek van my selfbeeld
raak hy net vet.
(2002 het dinge baie erg geraak met my stiefpa, kom ons los die verduideliking net daar.)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking