Saterdag 19 September 2009

Dierlike herinnering

JOu twee-gat jakkals!
Weet jy tog nie dat
'n sny brood nie albei
kante gebotter kan word nie?

Jou muishond vir 'n klot!
Groener weivelde kon jy nie by
my kry nie, toe gaan jy
maar terug na jou braaksel?

Jy is 'n sluwe slang,
moes geweet het daar is iets in die gras...
hy't gedreig om te spoeg,
maar ek't jou opgeskroef!

Jy's voel, gekluister in die verlede
- vol bevredigende drange -
Ek, 'n feniks, wat sweef na die toekoms.

Fenikstrane het helende kragte;
Ek is heel!

(14/04/03 Ek het met Roelof uitgegaan en die verhouding het tot 'n einde gekom toe hy nie sy luck met my kon kry nie.)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking