Saterdag 19 September 2009

Pappa

Dis Vadersdag vandag
en ek verlang na my pa.
Ek dink terug aan pa se oe so sag
en heo, toe pa moes gewerk het, gepla.

Pappa spook die laaste tyd by my
Ek verlang na pappa, en hoe dit ook-al sy
wat pappa ook-al gedoen het,
het pa my ook lief, dit kan ek wed!

Ek glo pappa dink aan my vandg
ek ek hoop pappa lag.
Ons is so ver weg van mekaar,
tog weet ek pa is daar!

Vandag soek ek pa se bruin oe
tussen al die mense.
Ek weet nie of pappa my glo,
maar dis ene van my grootste wense;

Ek wil pa weer sien,
want 'n verduideliking is wat ek verdien.
Ek het lankal opgehou om kwaad te wees,
want my hart het jare gehad om dieper te lees.

Pappa, so in pa se verheid,
is ek lief vir pa in my hart se nabyheid.

(2003-06-15)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking