Saterdag 19 September 2009

Deur my oe

Ek wil skryf oor die liefde,
maar al wat kom is griefte.
Liefdevolle harte wat breek
en monde wat om genade smeek.

Ek wil skryf oor die skone natuur,
wat gevreet word deur vuur.
Lewendgewende bome wat huil
terwyl onskuldige diertjies in hulle skuil.

Ek wil skryf oor die soete vreugde,
maar in soveel harte is daar 'n leegte.
Borrelende laggies nou vergete.
'n Stryd geveg verbete!

Ek wil skryf van die mooi in die lewe,
sonder om mense van vrees te sien bewe.
Ek skryf sommer van die lewe
hoe ek dit belewe.

(2003-05-14: Ook maar rondom die tyd wat ek en Roelof uitgemaak het.)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking