Saterdag 11 Julie 2009

Pa

Jy's nooit daar as ek 'n pa nodig het nie...
Nooit as ek getroos moet word nie...
Nie eens om vir my 'n drukkie te gee nie!

Jy's altyd daar om my af te takel.
Altyd daar om my terug te hou.
Altyd daar om my te breek.

Ek het 'n pa nodig:
'n persoon om my te aanvaar
lief te he
te ondersteun

Ek het jou nodig om my op te help as ek val.
Ek het jou woorde nodig, sodat dit my kan vorm soos klei.

Ek het jou nodig...
Ek...het 'n pa nodig.

(2000: HW se moeilikheid begin, die emosionele en verbale afbreking waaraan my hoerskoolloopbaan gekenmerk was...)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking