Saterdag 19 September 2009

Jy en 'n haar

Ek maak jou klaar
aan die einde van die jaar.
Wat gaan ek eerder wil vashou:
Vir jou of miskien vir 'n haar?

Gaan ek nog na die tyd in jou
gange wil loop?
Gaan ek eerder groter gange gaan beloop?

Ek raak gemaklik in jou arms;
dit kan my blind maak vir ander.
As ek kies om jou te verlaat,
sal my droom nie versaak.

Jy het vir my 'n toekoms,
tog kan my toekoms saam met 'n ander le.
Vir al wat ek weet kruis ons toekoms weer.

Binnekort sal daar 'n vurk le in my pad.
Dalk saam met jou f miskien vir 'n haar.

(2007-04-20)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking