Saterdag 11 Julie 2009

Donkerste Glimlagte

Die lug rondom my is donker:
donderwolke stroom nader
asof die wind hulle soos seile vang.

Donker wolke:
so donker soos my siel
donker van hartseer
donker van verdriet

As die stormwolke se trane
eendag ophou en die glimlagte
soos strale deurbreek

dan sal ek weet dat die Here
nooit 'n vloed probleme stuur
sonder die wete van 'n
blink
nuwe
oplossing vir more nie.

Geskryf tydens 'n donker tyd in my skoolloopbaan.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking