Saterdag 19 September 2009

Hou op by my spook!

Soutreuk in my neus, branders om my voete.
Oe wat uistaar oor die bloue ewigheid.

Man van Yster, waarom spook jy by my?

My gedagtes wandel soos my voete op die strand...
'n Soet glimlag pluk aan my mond;

met 'n ystergreep het jy my fantasiee aangegryp

Jou kyke so ontstuimig soos die see
Jou glimlag so stralend soos die oggendson
Jou ystergreep soo die van 'n gesoute seeman

Ek sak neer op die growwe sand, noudat ek daaraand dink:
So grof soos jou manlike bakkies.

'n Stuk dryfhout spoel langs my uit.
Hartseer verspoel my kykers...

So selfversekerd, so koel en in beheer
het jy voorgekom...voorgegee?

My kykers het dieper gedring...binne jou
siel het ek 'n bootjie op die oop see gesien;

Onstuimig soos jou kykers, het die winde jou gepluk.
'n Front werk nie met my nie.
Jy spook by my:

Jy is 'n raaisel vir my wat sonder 'n antwoord staan!
Alleen
soos die oop see, word jy omring deur baie.

Ysterman van my herinnering...
Hou asseblief op om by my te spook

(2003-04-03 : ons het so jong meneer gehad by ons skool toe ek in matriek was, jong maar ek en 'n vriendin het boeke vol gedigte oor die tweetjies geskryf. DIe onnie het nie lank gebly nie, toe verlaat hy die onderwys.)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking