Saterdag 11 Julie 2009

Verleentheid vs. Geleentheid

Die winde ruk my seile!
Die Noorde wink my nader,
maar die Suide wil nie laat los:

My bootjie dobber rond...
Watter kant toe?
Die Noorde vol geleenthede?
Die Suide vol verleenthede?

Die winde worstel met mekaar.
Ek sit besluiteloos net daar.
Ek hoor die gekraak van seile...

Skielik

hoor ek geen wind
voel ek geen bries
NOU dobber ek eers rond.

Geen dryfkrag van die wind.

Nou
net my eie.

Ek wou nie kies
Nou sit ek
vasgevang
besluiteloos
rigtingloos

Tussen my huisomstandighede en die skool, het ek baie lost gevoel.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking