Saterdag 11 Julie 2009

16

Ek verkwalik gun, ek wonder net:

Waarom pas ek nie in nie?
Hoekom word ek alewig met ander vergelyk?
Is ek nie my eie wese nie?

Hoekom kan ek tog nie
volwasse, vertroulik, betroubaar, natuurlik
en eie aan myself gekenmerk word nie?

Is ek selfsugtig? Selfsugtig
om te smag na aanvaarding
om aanvaar te word vir wie en wat
ek is?

Dis moeilik vir 'n 16-jarige oor die algemeen, maar om dan bo dit als ook nie in te pas nie. Dit maak dinge baie moeilik vir 'n tiener.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking