Saterdag 19 September 2009

Verlange van 'n koshuisstudent

Vanaand;
'n natweer, koue aand.
Voel ek hoe my hartjie in een trek,
voel ek hoe ek met elke milimeter van my na jou verlang.

Vanaand;
'n natwang, lee arms aand.
Huil ek my verlange uit saam met die reen.
Soek ek verlangend na jou warm, kloppende lyf teen myne.

Vanaand;
'n yskoue aand, 'n alleen aand.
Jy sit kilometers ver van my by ons huis.
Ek sit hier, vasgevang in my koshuishokkie...verlangend.

Vanaand is ekstra koud en nat.
Vanaand is ekstra alleen.
Vanaand is gevul met ekstra verlang.

Vanaand...
my engel: Verlang ek na jou!
More...
my lief: Sien ek jou...!

(2004-03-06 : Ek was in Lebone koshuis by RAU, het skaars 3 maande gehou op die kampus toe trek ek terug huistoe.)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking