Saterdag 11 Julie 2009

Biologie-liefde

Jou liefde is soos 'n mikroskoop:
Ek het elke deel geken en ontleed.
Ek het al jou dele en funksies geken.

Jy is vir my soos 'n biologie handboek:
alles wat ek nodig gehad het
om my kennis te verskerp, was naby...

totdat jy jou boek van my geneem het.
My kennis het verminder.
Ek het jou geken, totdat jy jou mikroskopiese krag
afgeskakel het.

Jy is nuo net 'n gedagte wat ek vaagweg onthou...

(duidelik geskryf in graad 9 toe ek nog biologie gehad het, ek dink Timothy was die inspirasie vir hierdie ene. 2000)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking