Saterdag 11 Julie 2009

Positief?

Ek meot positief optree,
met 'n positiewe in my siel?

Ek is positief van my toekoms besteel...

Ek is positief:
positief dat my lewe deur 'n
positiewe verslag vernietig is;

of was dit daardie positiewe aand vol genot se skuld?

Die ou wat my so positief gemaak het,
so positief dat my lewe nooit weer negatief kan wees nie?

Vir hoe lank kan ek positief oorleef?

Positief siek
Positief dood
MIV dood

(Ek het dit geskryf vir die 2001 Afrikaans Ekspo, die tema was VIGS)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking