My hart is vol drange,
ek sterf van verlange.
My toekoms lyk blinker,
maar my hart bly hunker.
Ek wens jy was aan my sy
en kon altyd by my bly!
Ek mis jou so baie,
ek skryf sommer boeke vol blaaie.
Ek hunker na jou arms om my
en jou woorde wat my vorm soos klei.
Ek droom van jou in nagte,
want in jou arms het ek geen klagte.
Jy vul my hart se leemtes
- ek vergeet skoon van die vreemdes -
Ek weet jy dink aan my
en dat dit ook altyd so sal bly!
(ai, die naiwiteit van 'n tiener wat glo dat haar tiener liefde vir altyd so sal bly. Dis so ironies, ek kan nie eens onthou vir wie en oor wie ek hierdie gedig geskryf het nie.)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking