Ek sit hier en skrywe,
hier op my eie.
Die lug rondom my is koud,
ek voel skielik benoud.
My hart trek saam,
want ek is eensaam.
My vingers is kaal,
want jy skryf in 'n ander lokaal!
Toe tref dit my,
ek moet die eensaamheid vermy
en dink aan later...
met ons twee langs die water!
Ek begin aan jou dink,
my gedagtes werk flink.
Jou karakter so sterk,
omdat jy alles so vinnig verwerk.
Ek mis jou.
Ja, tog so baie, maar ek sal nie kla.
"Jy is myne"
weergalm die basuine!
(2001 was ek in graad 10, duidelik het ek 'n ou gehad wat saam met my in die skool was. Moontlik Wikus...)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking