Saterdag 11 Julie 2009

Weerstand

Die weg met die meeste weerstand
is die gevolg van die meeste opstand.
Ouers se onregverdige antwoorde
lei tot tieners se mismoedige akkoorde.

Dit blyk dat ouers nie wil verstaan
- daar steek geen nut om te kla -
Ons ouers is onverstaanbaar
en volgens hulle is ons ongenaakbaar.

Is daar dan 'n oplossing vir sulke ouers?

Volg net die weg van die minste weerstand
en glo my, ouers sal later nie dink dis opstand.
Hulle behoort jou kant te gun
en dis 'n nuwe begin.

Geskryf iewers tussen 2000-2003

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking