Saterdag 19 September 2009

Ontwaak

Mansmens van die lewe,
waarom jou mond jou begewe?

Alleen soos die nag
verskuil jy jou prag!

Jy kruip weg agter 'n boom,
is jy bang jy word gekloon?

Jy lyk so alleen.
Watwou, is jy nog nie gespeen?

Vasgevang in die grootheid
so in jou werklike kleinheid!

Kruip soos 'n skilpad uit jou dop,
DAAR IS 'N LEWE OM TE KLOP!!

(2003-04-22 : Weereens die onderwysers waarop ek en my vriendin gecrush het.)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking