Woensdag 29 Junie 2016

Kortverhaal wat ek oor 'n tydperk van 10 jaar geskryf het = Begin skryf in 2005 - Verhaal voltooi in Mei 2015



Woestynman van my verlede

Dit het alles op ‘n winderige Augustus-middag begin.  Dit was op dié oomblik wat my lewe vir ewig sou verander.  Hoe sou ek kon raai dat dinge so kon uitdraai?  Hy het laat weet dat ek hom by die rivier moet ontmoet…nogal onder ons boom.  Ons wilgerboom met die swaai wat ons nog saam opgesit het.  Ek onthou daardie dag soos gister.

Hy het my gewys hoe om die tou te vleg, soos ‘n wafferse matroos wat lankal sy seëvoete gevind het.  Die houtplankie het nog geruik na vernis – drie lae om die hout vir ewig te bewaar.  En dan natuurlik om steekse splinters net daar ook die nek in te slaan.  Dit het ons omtrent twee ure geneem om die swaai op te sit…hy was pure heer en het daarop aangedring om die boom self te klim, ten spite van sy hoogtevrees.  Dit was ‘n pragswaai wat so sterk in die winderige weer sy man gestaan het.

Terwyl ek vir hom gewag het, het ek op ons swaai gaan sit en ritmies teen oupaklok-slae geswaai.  Ek kon die wind oor my wange voel streel terwyl ek heen en weer geswaai het.  Hoe hoër ek geswaai het, hoe vryer het ek gevoel; soos ‘n voël wat op die vlerke van die wind sweef.  Ek besef dat ek huil en dwing die swaai tot stilstand.  Ek het afgeklim en op die kombers soetgras gaan sit met my arms om my bene gevou.  Die herinnerige is oorweldigend – die snikke het deur my lyf geruk soos die skote van lood wat deur sy teiken dryf.  Hy het my dié dag styf in sy arms toegevou en my rukkende lyf probeer kalmeer.

Ek het op dié einste swaai gesit.  Hy het teen die wilger geleun.  Ek kon sien iets pla hom, dis asof hy ‘n innerlike stryd met homself gevoer het.  Hy het onbewustelik in die niet uit gestaar en op sy onderlip gebyt.  Dit was duidelik dat iets hom pla.  Toe hy na my opkyk, het ek die trane in sy woestynoë sien vorm.  Ek was diep getref deur sy trane.  Ek het ook groot geskrik, want hy is die tipiese boerseun wat glo dat trane net vir sissies is.  Die trane het vrylik oor sy wange gevloei – dis toe dat my keel begin toetrek.  Hy het soos ‘n weerlose seuntjie gelyk.  Toe hy sy mond oopmaak, kon ek nie verstaan nie.  Ek wou nie verstaan nie.  Ek kon sien dat hy doodernstig was.  Hy moes weggaan.  Ek wou weet hoekom hy moes gaan.  Hy kon nie net gaan nie.  Ons het net die vorige week gepraat van vas uitgaan.  Hy wou nie redes gee nie, net dat hy moes gaan en hy het belowe hy sou skryf.

Ek het met my rug teen die wilger geleun, daar waar hy destyds geleun het.  Ek het in my handsak rondgekrap en op die enigste skaflike ding afgekom wat my trane sou help opdroog…ek het gedink ek het dit verloor, maar ek het nie.  Ek het die sakdoekie, wat hy uit die liefde van sy hart gemaak het, teen my wang gedruk.  Ek kon nie help om te glimlag nie.

Die sakdoekie was ‘n liefdesgebaar.  Dit en die speelgoedboksie wat ek gemaak het.  Ons het besluit om elkeen iets vir die ander een te maak, maar ons moes maak wat die ander persoon wou gehad het.

Ek wou ‘n sakdoekie en hy ‘n speelgoedboksie hê.  Min het hy geweet dat my pa my van kleinsaf met die houtwerk-kamer vertroud gemaak het.  Die verbasing op sy gesig toe ek vir hom die donker gevlekte boksie met fluweel-uitvoering en opligdekseltjie gee.  Hy het baie verleë sy handewerk vir my gewys.  Dit was terselfdertyd ‘n pragtige en afskuwelike stuk blou-lappie met stikwerk wat die materiaal skeefgetrek het.  Hy wou dit dan en daar weggooi, maar ek het dit by hom gevat en belowe dat ek dit vir altyd naby my sal bewaar.  Tot vandag toe.  Ek kan nie glo hierdie handsak het vir jare net in my kas gelê nie.

Die son sit al hoog en steeds het hy nie opgedaag nie.  ‘n Beweging aan my linkerkant vang my oog.  ‘n Kleurvolle skoenlapper het op ‘n veldblommetjie, skaars dertig sentimeter van my af gaan sit.  Dit was prentjiemooi.  Nog nooit in my lewe het ek die  kleure van die reënboog so mooi sien lyk soos in hierdie skoenlapper nie.  Die reënboog simboliseer die herinnering van ‘n belofte; God se belofte dat Hy nooit weer die vloed sal stuur nie.  God het Sy belofte gehou, maar nie hy nie.  Die belofte dat hy sou skryf, het nooit gebeur nie.  Sy belofte het soos die skoenlapper uit my lewe verdwyn.  Hoe kon ek so dom gewees het!

Ek het hom vertrou, hom geglo!  Ek moes nooit die simple mansmens geglo het nie.  Dit was moontlik die grootste fout van my lewe.  Hoeveel vloede het nie oor my wange gespoel nie, alles net vir hom en vandag moet ek vaskyk in sy pragtige mond wat ‘n hoop leë beloftes gemaak het.

Hoekom pla dit my so?  Dis nie asof dit die eerste keer is wat hy vir my jok nie…maar tog het ek die teendeel gehoop.  Ek voel dat vandag as herontmoeting eintlik sy verduideliking gaan wees.  Ek voel hy is my dit verskuldig.  Gaan dit regtig net oor die feit dat hy belowe het hy sou skryf en dit toe nooit gedoen het nie?  Of gaan dit juis daaroor dat hy geloop het en my nie in die oë kon kyk en vertel hoekom hy moes weggaan nie?  Vandag sal ek weet.  Natuurlik sodra hy besluit om op te daag.

Ek kan nie onthou dat ek ooit vir hom moes wag nie…hy is immers ‘n baie stiptelike boerseun, “’n familiekwaal” het hy altyd gespot.  Hy het soms die afspraak net-net gemaak, maar hy was nooit laat nie.  Selfs met die matriekafskeid.  ‘n Familie krisis het opgeduik.  Ek sou regtig verstaan het as hy nie saam kon gaan nie.  Tog het hy opgedaag, bietjie verwilderd en hartseer.  Al wat saak gemaak het, was dat hy wel opgedaag het.

Die wind het weer begin waai.  Ek vou my arms styf om my lyf, dit help so effe vir die koue.  Ek probeer myself warm hou teen die protesterede watergolfies wat rondgeslinger word soos die slap lyfie van ‘n lappop, vasgevang in ‘n draaikolk.  Ek het hoendervleis.  Die wind kruip diep binne-in my are op, skeur soos ‘n vlot deur my lewendgewende  vloedwaters.  Dit dreig om my te oorweldig, om my hart met ystergreep te verstrengel. Net so is die koue weg en my hele wese besef dat die draaikolk weg van my gedraai word.  Dit is die hitte in die woestyn-oë wat my van binne warm maak, wat warmgloede opstuur na my wange. 

Ek dag eers dit is reën, maar besef dis warm druppels vanuit my hart wat hul weg gevind het na my blou oogpoele.  Ek huil van vreugde.  Ek word teen my woestynman se bors gekoester.  Dit voel soos gister wat ek net so in sy arms was – so veilig en beskermd.  Die tyd het vir ons stilgestaan – dit het soos ‘n ewigheid gevoel voor hy my gelos het.

Die trane het verdwyn waar hy veersag oor my wang gestreel het.  Toe my oë oopgaan sien ek dat sy oë ook vol emosies is met trane wat dreig om te vloei.  Tog is dit nie dieselfde woestyn-oë waarin ek tien jaar gelede opgekyk het nie.  Hy het oud geword.  Die lagplooie om sy oë is nie meer so duidelik sigbaar nie.  Die vlam wat in sy oë gebrand het al daardie jare terug is geblus.  Sy oë vertel ‘n ander storie.

Dit vertel die storie waarvan ek nie die einde ken nie.  Ek voel hy moet nóú  verduidelik.  Hy wou my mos sien by ons plek.

Hoekom staan hy net daar en kyk vir my?  Hoekom straal sy oë die hartseer wat ek oor sy lippe wil hoor?  Hoekom praat hy nie met my nie?

Hy vat my hand in syne en trek my af na die grond toe.  Hy wil hê ek moet sit.  Sy lippe beweeg, maar ek verstaan nie wat hy sê nie.  Ek hóór nie wat hy sê nie, baie dinge gebeur in ‘n tydperk van tien jaar.  Net soos hy, het ék ook verander.  So verskriklik verander.  Destyds kon het hom nie hoor nie, nou wil ek hom nie hoor nie.

Ek kul myself dat ek nie hoor hoe jammer hy is oor hy net weggegaan het nie.  Ek oortuig myself dat ek nie rede wil insien vir sy situasie nie.  Hoe kon hy net weggaan en my stukkend laat lê het, sonder ‘n verduideliking?

Dit voel onwerklik.  Hy het regtig nie ‘n keuse gehad nie.  Om my te laat gaan was die moeilikste ding wat hy nog ooit moes doen.  Hy was lief…is steeds lief vir my.  Ek besef dat ek steeds lief is vir hom.  Ek besef dat die verwerping en seer destyds oorskadu word deur die warm gevoel in my hart.  Dis asof my hart ‘n kou is waaruit ‘n spierwit duif ontsnap.

Die warm gloed in my hart versag die seer.  Maak dit draagliker omhom te hoor en myself ontvankliker te maak vir sy verduideliking.

Hy was destyds skaam om te erken dat sy ouers vreeslik baklei het.  Hy was skaam om te erken dat hy vreesbevange aande ervaar het.  Hy was vreesbevange dat ek anders nah om sou kyk as ek moes weet dat sy pa gearresteer was en dat hy en sy ma na ‘n plek van veiligheid geneem moes word.  Die plek van veiligheid was nie ‘n veilige hawe vir hom nie.  Hy kon nie sy ma ook nog verloor nada thy so skielik van my af moes weggaan nie.  Hy het in ‘n donker gat gesink, sonder hoop.  Dit het hom vreeslik lank gevat om al die stukke weer bymekaar te hark en weer sy hart te waag op iets so onaantasbaar soos ek.  Hy was bang ek het van hom vergeet of dalk getrou met ‘n ander man.

So kwaad as wat ek vir hierdie woestynman was, kon dit nie my liefde vir hom blus nie.  Onwetend het ek steeds vir hom gewag.  Onwetend gehoop dat ons weer bymekaar sou uitkom.  Ons het ‘n tweede kans gekry.

Marelize Swanepoel
Begin skryf in 2005
Verhaal voltooi in Mei 2015

Vrydag 19 Julie 2013

Your worth above the rest



Some situations are more trouble
than they are worth.
Worthless situations that clouds
the prize in sight.
The sight of some situations
gives a fright.

A frightening thought in my head that
that I desire will end
Out of grasp
Out of sight
Out of mind

Decide to be first above the rest
To be taken care of first
To be thought of first...

not because you are good
but because you are worth it.

(11/03/03)

Survived to tell the tale

Caught in a maze, trying to survive
Some days... a hopeless strife
Going deeper and deeper, getting lost
Overpowered by a hopeless frost.

The maze trying to engulf me
If only an outcome I could see!
Oh of this situation I wish to be free,
but I doubt the surfacing of glee.

The hopelessness overpowers
Standing over us like dark towers.
The darkness sipping my brave soul,
leaving me a coward fool.

Seeking for the light to escape
all exits a fooling fake
Tangled in a agonizing chain
please help met to stay sane!

Seeing the sound in my ears
A fooling hope I fear.
Giving me false hope
then let going of the rope.

Fighting back with all I posses.
Wanting to get out of this hell!
Step by step getting out of the troubled well.
Against the wall with hope I press.

Trying to survive what the world throws at me.
Unable to flee the heartless cold.

A voice reach my cars
I see my salvation, disappears the devastation.
The great full tears...

I exit the maze with a smile
my heart no longer in exile.
I stepped out in victory
I survived to tell the tale.

2003-05-21

Pappa

Dis Vadersdag vandag
en ek verlang na my pa.
Ek dink terug aan pa se oë so sag
en hoe, toe pa moes gewerk het, gepla.

Pappa spook die laaste tyd by my
Ek verlang na pappa, en hoe dit ook-al sy
wat pappa ook-al gedoen het,
het pa my ook lief, dit kan ek wed!

Ek glo pappa dink aan my vandag
en ek hoop pappa lag.
Ons is so ver weg van mekaar,
tog weet ek pa is daar!

Vandag soek ek pa se oë
tussen al die mense.
Ek weet nie of pappa my glo,
maar dis ene van my grootste wense;

Ek wil pa weer sien,
want 'n verduideliking is wat ek verdien.
Ek het lankal opgehou om kwaad te wees,
want my hart het jare gehad om dieper te lees.

Pappa, so in pa se vêrheid,
is ek lief vir pa in my hart se nabyheid.

(2003-06-15)

Nostalgie: Om Afrikaans in Afrikaans aan te bied


Geskryf deur Marelize Swanepoel en gepubliseer in Klasgids vir Afrikaansonderwysers
Ek verlang vandag verskriklik na Afrikaans.  As Afrikaanse juffrou smag ek daarna om suiwer Afrikaans in my klaskamer te gebruik.  Om te voel hoe my moedertaal oor my lippe rol…tog is dit nie regtig moontlik nie.
As jy ‘n Afrikaanse onderwyser is wat eerste addisionele taal in jou klaskamer aanbied, weet jy presies hoe ek voel.  Praat jy suiwer Afrikaans, of net eenvoudige Afrikaans, gaan enkele bloedjies maar min verstaan.  Tog strek dit verder as net ‘n kommunikasie gaping tussen onderwyser en leerder.  Soms wil die leerders nie eers in Afrikaans probeer nie.  Hoe het my een klas dit aan my gestel:  “why should we be punished to be taught in Afrikaans?”  My hartjie, dit is tog immers die Afrikaanse klas, maar dit daar gelaat.  Sommige leerders het eenvoudig net nie die kapasiteit om Afrikaans in Afrikaans te verstaan nie, ek praat nou hier van leerders in graad 10, 11 en 12.  Iewers het die sisteem hulle gevaal of iewers het onderwysers, in ‘n poging om te help, gewys dat hulle nie Afrikaans in Afrikaans hoef te leer nie.  Hoekom moet die leerders sukkel in Afrikaans as boeke soos “Afrikaans Handbook and Study guide: An English student’s guide to Afrikaans” beskikbaar is?  Ek gebruik self genoemde boek in my klaskamer, baie van my kortpaaie het sy nederige begin by Beryl Lutrin se boek gehad.  Tog moet ek ook erken dat die Engelse benadering tot Afrikaans ‘n kruk geword het.
As groentjie is ek gou meegedeel dat ek moet besef dat ek Afrikaans in Engels sal moet aanbied.  Is dit nou nie vir jou ‘n oksimoron nie?!   Om Afrikaans IN Engels aan te bied.  Gou het ek besef dat die stemme nie besig was om grappe te maak nie.  Vroeg in 2005 het ek my Afrikaans-in-Engels-paadjie begin stap.  In ‘n poging om my leerders te help, het ek myself daarin gegooi om kortpaaie te ontwikkel om die vak meer toeganklik te maak.  Ek het in die soeke meer van my moedertaal geleer as die 12 jaar wat ek moedertaal-onderrig ontvang het.  Ek was selfs verbaas gewees toe ek besef dat my moedertaal opgebou is uit reëls en formules (amper nes Wiskunde) en nie net berus op aanvoeling soos ek al die jare gedink het nie.  Glo dit of nie, STOMPI het my gehelp met my derdejaar Sintaksis sinsontleding!! 
Skielik het ek nie net gevoel ek is reg nie, ek het geweet my antwoorde is reg.  Ek het selfs begin om my antwoorde te toets met die Engelse verduidelikings van die reëls.  Skielik het ek nie net geweet iets is reg nie, ek het geweet hoekom dit reg is.  Ek gebruik steeds my Engelse kortpaaie om my Afrikaanse sinne te toets.  Dié manier van aanbied het my bemagtig om Afrikaans beter te verduidelik aan my leerders.  Hoeveel keer het ek op skool vir my Afrikaans onnies gevra hoekom iets is soos dit is.  Malle sonder tal is ek meegedeel dat dit reg voel op die tong óf omdat dit so moet wees.  Deesdae kan ek met selfvertroue presies verduidelik hoekom iets op ‘n spesifieke manier werk as ‘n leerder my vra: “But why mam?”
Tog sit ons nou met ‘n catch-22 situasie:  Ons wil ons leerders help om in Afrikaans te presteer, daarom gebruik ons Engels om Afrikaans te verduidelik.  Die probleem is egter terwyl ons Afrikaans in Engels aanbied, ontneem ons ons leerders van die geleentheid om Afrikaans op die regte manier te leer.  Die probleem met die benadering is dat daar leerders voor ons sit wat nie ‘n woord Afrikaans verstaan nie.  Kan jy die probleem sien waarmee ons Afrikaanse taalonnies sit in Engelse skole?  Ons kan suiwer Afrikaans in die klas gebruik, maar dan druip ‘n groot gedeelte van ons leerders.  Ons kan Afrikaans in Engels verduidelik en darem ‘n 40% klasgemiddeld bymekaar skraap.  In sommige gevalle is hierdie 40% vir ons ‘n verskriklike groot prestasie. 
Daarom sit ek met nostalgie en verlang na Afrikaans in Afrikaans aanbied.  Ten minste kan ‘n groter meerderheid van my leerders Afrikaans deurkom, al is dit nie die ideaalste omstandighede nie.  Hoe kan ons probeer om deel van die oplossing te wees en nie die probleem self nie?  Ek het besluit om my skuif na ‘n laerskool te maak, op hoërskool is dit amper te laat om die leerders te dwing om Afrikaans in Afrikaans te neem.  Ek gaan steeds my kortpaaie gebruik wat ek uit die Engelse aanbieding van Afrikaans geleer het, maar die keer gaan ek my bes probeer om dit in Afrikaans aan my leerders oor te dra.  Al kos dit my om korter sinne, stadiger praat en baie herhaling te gebruik.  Ons doel is tog nie net om kinders te kry om Afrikaans te slaag nie, ons uiteindelike doel is om ons kinders te kry om Afrikaans met selfvertroue te kan praat. 

Dinsdag 16 Julie 2013

Stille antwoorde


Mens kry nooit die antwoord:
wat mens soek
wanneer mens dit soek
hoe mens dit soek
nie...

Soms voel dit asof:
almal kry hul antwoorde
almal kry dit en meer

almal kry wat ek graag soek...

Ek't baie om voor dankbaar te wees:
liefdevolle man
ongelooflike goeie werk
'n familie wat omgee en in my glo
onvoorwaardelike vriende
gesondheid
geleerdheid
skynbaar genoeg om voor dankbaar te wees...

Maar hoekom mag mens nie:
moedeloos word
wil baklei
graag skreeu op die Man nie?

Liewe Here,
waarom die grootste geskenk van my weerhou?
waarom wag vir iets so wonderlik?
waarom voel dit vir my asof ek dit nie verdien nie?
dat dit die rede is hoekom...

Mag ek Jou bevraagteken?
Mag ek se dat ek ongeduldig word?
Mag ek se dat ek enige van my seeninge sal opgee?

Daar is seker antwoorde,
dis net te stil vir my om dit te hoor.

(7/11/2009)

Ek sien nie die plan nie...



As daar 'n plan is, sien ek dit nie.
Soveel trane, soveel hartseer...
wat is die doel daarvan?

Ek dink nog altyd dat als met 'n doel gebeur:
Ek moes seerkry om ander te help wat daardeur gaan.
Ek moes sukkel om ander te help wat sukkel.

Moes ek dit ervaar om empatie te hê?
Moes ek dit deur gaan om begrip te hê?

Dammit, ek wil nou ophou voorberei vir ander mense se seer.
Ophou raadgee vir goed wat my nie beskore is nie.

Die seer binne my is so groot...
Daar is 'n groter plan, jong, wees geduldig.

Man, shut up!!
Ek wil dit nie hoor nie.
Ek wil dit nie verstaan nie.
Ek wil nie begrip he nie.

Hoeveel dinge moet ons nog regdoen
om nie meer gestraf te word nie?

(18/07/2009)

Tonginniekies ('n Liedjie wat ek in 2010 geskryf het)



Koor:
Almal het een
Miskien is jy met meer geseën
‘n Gunsteling woord in Afrikaans
Dit laat jou tong in jou mond rond dans.
Die woordjies warrelskarrel oor jou tong
Jy wil nie meer dink aan die engelse song

Spookasem, wolkekrabber, sambreel
Melkskommel, pantoffel,  mallemeul
Afrikaanse woorde kielie my keel
Hoe kan ‘n HAT my nou verveel?

Fopspeen, riempiesbank, karnuffel
Kabouter, karringmelk, snuffel
Afrikaanse woorde sal nooit sukkel
Om sy boude lekker te wikkel.

Koor:
Almal het een
Miskien is jy met meer geseën
‘n Gunsteling woord in Afrikaans
Dit laat jou tong in jou mond rond dans.
Die woordjies warrelskarrel oor jou tong
Jy wil nie meer dink aan die engelse song

Tammeletjie, arie-warie, bombalie
Spioen, spinnekop, kielie kwasie
Afrikaanse woorde het geen bas’ie
Dis die hardklop van ‘n nasie!

Soveel woorde om van te kies
Daar is nie ‘n kans om op te vries
Ongelooflik tong-in-die-kies
Dis hoekom ek Afrikaans verkies.

Brug:
Afrikaans jy maak my mal,
vir jou het ek lankal geval.
Afrikaans jy maak my sag,
 hoe kan ander jou so verkrag.
Hulle noem dit ons moedertaal, want vaders kry selde kans om iets te sê.

Koor:
Almal het een
Miskien is jy met meer geseën
‘n Gunsteling woord in Afrikaans
Dit laat jou tong in jou mond rond dans.
Die woordjies warrelskarrel oor jou tong
Jy wil nie meer dink aan die engelse song

Toe en nou

Dinge het so verander:
Ek vertrou jou nou.
Ek sien jou my in jou arms vou.

Tog het sommige dinge dieselfde gebly:
Jy gee steeds vir my om
en jou liefde vir my blom.

Ek sien dinge in die toekoms verander.
Ek sien dinge in die verlede, onveranderd.

Ek sien vir jou
Staande in die winterkou
Omgee in jou oë en 'n hart wat aanhou glo.
Ek sien myself:
Onseker, tog volg gevoel vir jou.

Dinge hét verander
tog ook bly dinge onveranderd...

(Die gedig is ook nie gedateer nie)

Definition of a kiss

In close, romantic moments
a kiss has a whole other meaning:

It is deeper, more romantic, more
enjoyable to kiss.
It is a time where loved one's enjoy each other.
They take each other in consideration.

Then there is another side to kissing
another definition:

It is a time when passion takes over
when kisses are hot and steaming with lust
a time when all emotions run wild like a
black stallion in the wild
It is a time...

The definition of a kiss is a passionate spark
a deep loving emotion.

(Hierdie gedig is nie gedateer nie)

Doodgaan

Daar is soveel mooi in die wêreld.
Tog ook 'n harde werklikheid...
die harde werklikheid van

hartseer
pyn
trane en ...
dood

As jy die dag binne sterf
dan is alles VERBY!
Jy ken nie meer gevoel nie
Jy lag nie meer nie
Jy huil nie meer nie...
als binne is dood.

Buite om jou is alles voorgee:
Jy huil as mense sê jy is ongelukkig
Jy lag as mense sê jy is gelukkig
Jy voel okey as mense sê jy is okey.

Jy voel
niks
weet niks
sien niks
Alles is voorgee.
Hoekom?

Gee my dié antwoord
en ek wys jou 'n man wat vroue verstaan.

(2003-07-25 - Vrek maar my gedigte was donker in matriek, ek kan nie onthou wat die omstandighede was vir die gedig nie.)

Weet en verstaan

Mense dink hulle weet en verstaan,
maar weet en verstaan hulle regtig?

Verstaan hulle:

die onrus
die trane
die ver-af blik in jou oë
die hartseer
die skynbare okey

Weet hulle hoekom?
Weet hulle wat?
Weet hulle waarom?
Weet hulle van jou?

Mense dink hulle verstaan my,
maar doen hulle regtig?

Verstaan hulle hoekom ek alleen wil loop?
Weet hulle hoekom hulle my nie verstaan nie?

Ek weet self nie.

(2003-07-25)

Never give up

Why settle for less
and always be second best?

So many have told you about your potential,
your fighting spirit and endurance!

Take all you have heard to heart
and stop taking yourself apart.

Success lies on your way
no matter what others might say.

You worked yourself out of the gutters
and look where you are standing:

Deputy headgirl
Team captain of Chess and shooting
Public speaker

Even if there is only one standing behind
me and cheering me on...

That one person who believed in me
showed me my true potential;
willing to work for that only one.

To see the approval in their eyes...

To know that I reached success
because I am the best!!

(2003/06/06  - My matriekjaar, besig om meer in myself te glo en nie meer te luister na die stemme nie.)

Berg hier voor my

Mens het af dae en
mens het op dae.

Die lewe werk soos 'n bergpaadjie:

Daar is verskeie kronkels
vir elke op is daar 'n
af
en orals lê daar klippers.

Wie het nou ooit 'n reguit lyn in die natuur gesien?
Jy kronkel
            heen en weer
                        soos 'n  slang

Die bergpaadjie loop soos 'n hartmasjien:

Helling op                                  helling op
                          helling af
'n Hoë berg soos Everest hét net op.

Klippers soos sandkorrels in 'n skulp:
Irriteer genoeg en 'n pêrel vorm.

'n Vervlakste pêrel.

                                                Klim jou berg.

Loop maar jou berg.
                                                    Val jou berg.

(2003-07-25)

Worth

Worth

To be known for what I am
and not what I can do...
Now there is a thought.

To be called upon:
not because I have a solution
but because I have a shoulder.

One's worth is weighed: 
what we can and can not do.
DO...the key word
not the most important words
- what you mean -

"You are worth your weight in gold"
The way you are seen:
Money in someone's pocket.

I'd rather be worth my weight
in thoughts in someone's heart.

(11/03/2008 - Baie donker tyd in my lewe by my eerste skool wat ek gewerk het.)

Leegste donker

Dis donker en alleen buite,
so voel dit ook hier diep-binne.

'n Oop spasie wat leeg is...
'n Leë spasie wat nie gevul is nie.

Die onregverdigheid is wat my vang.
Wie besluit wanneer, waar, wat...
Wie kies wie word voorgetrek
        en wie word agtergelaat?

My arms is leeg...my hart hunker.
Hoe lank moet ek hunker?
Hoe lank nog anders wees as ander?
dinge anders doen,
wanneer ek so graag smag om te wees soos...

Ek smag na wat sy het, wat ek
wou hê
kon hê
miskien nog sal hê.

Die donkerte is leeg.
My hart is seer.
Trane rol oor my wange.
Trane wat drup oor die donkerte.

(24/02/2008 - Nie lank nadat ek uitgevind het dat ek nooit kinders sou kon hê nie.  Hier sit ek vandag met 'n pragtige twee en 'n half jarige dogtertjie.  Ons klein wonderwerkie.)

Uitgebrand

Ek brand uit soos 'n kers wat
aan albei kante brand.
Die was drup orals af
Orals vervuil van my was.

was georganiseerd
is deurmekaar
was gefokus
is deurmekaar
was positief oor alles
is deurmekaar oor alles

My kersliggie flikker...
te min suurstof om my...
besig om te versmoor
besig om myself te verloor

Ek voel altyd goor...
My kersie is besig om uit te brand.
Ek weet nie meer watter kant
begrawe sommer my kop in die sand...

(Geskryf iewers tussen 2008 en 2010)

Sondag 11 Oktober 2009

The feeling of being in your arms

You hold me close, so close to your heart
I can hear your heart beating against my face.
You holding me, folding me tightly in your arms.

We move as one, aware of each other’s every step,
Flowing in harmony with the music, tranquil like a
stream, tiptoeing over each round slated stone.

As I turn my face towards the heavens above,
I look into the eyes of an angel, smiling down at me.
The love you feel radiates like a sparkling star above.

How can one being on earth be so right for another?
How can one love another with the rhythm of God’s creation?

The feeling of being in your arms,
turns all wrongs to rights…
makes me forget about all other.

Let’s move to the rhythm of love
Let’s love to move the rhythm together.

For now until eternity!



9 Desember 2004

Sondag 20 September 2009

Raaiselagtig

Jy staan voor my
aan niemand se sy.
Jou bloue kykers
slaan in soveel harte spyker.
'n Glimlag pluk aan jou mond.
Is so alleen wees gesond?
Ouer bloed in die bed,
word jonger bloed belet?

Jy is 'n raaisel vir my,
so alleen aan niemand se sy!

(2003-04-03 : Die blou-oog meneer hehe)

Saterdag 19 September 2009

Awakening

Ode to lost men, or is it boys?

You have so much to give
but so many to please.

Trying to be a man.
Whilest still holding on the boy inside.

You are not a boy, but not yet a man.

Looking for a flirt, it seems.
But deep down it is love.

Seeking
but not finding!
Wanting
but not getting!
Wanting to give up...

Give up and be a boy?
Try hard to push through

WOW
The awakening of a man!!

(2003-04-22 : Weer die meneertjies, ek en my vriendin het lekker in die wetenskap klas gesit en liries raak oor die menere.)

Ontwaak

Mansmens van die lewe,
waarom jou mond jou begewe?

Alleen soos die nag
verskuil jy jou prag!

Jy kruip weg agter 'n boom,
is jy bang jy word gekloon?

Jy lyk so alleen.
Watwou, is jy nog nie gespeen?

Vasgevang in die grootheid
so in jou werklike kleinheid!

Kruip soos 'n skilpad uit jou dop,
DAAR IS 'N LEWE OM TE KLOP!!

(2003-04-22 : Weereens die onderwysers waarop ek en my vriendin gecrush het.)

Stoei met jou

Ek het so lank gestaar na jou:
leeg
wit
sonder woord...

So lank nie geskryf nie.
SO lank terug laas uitgestort.
So lank terug aan als gedink.

Waarom het ek opgehou:
dink
skryf
neerpen...

Te besig vir my pen
Te besig vir my papier
Te besig vir my altyd bewuste onderbewuste.

Hoe dink jy as jy nie weet waaraan nie?
Hoe probeer jy sin maak waar niks wil ink nie?
Die warboel maak nie sin sonder struktuur...
Hoe gee jy struktuur aan dit wat nie wil sin nie?

Soveel verdomde vrae...
So min: tyd, geld, raad, verstaan...
ensovoorts tot in der ewigheid

Ek wil sin maak op papier
Ek maak myself deurmekaar op papier
Tyd is op...
verdomp

(2009 op die lughawe besig om te wag vir my man om terug te kom van die Kaap af.)

Jy en 'n haar

Ek maak jou klaar
aan die einde van die jaar.
Wat gaan ek eerder wil vashou:
Vir jou of miskien vir 'n haar?

Gaan ek nog na die tyd in jou
gange wil loop?
Gaan ek eerder groter gange gaan beloop?

Ek raak gemaklik in jou arms;
dit kan my blind maak vir ander.
As ek kies om jou te verlaat,
sal my droom nie versaak.

Jy het vir my 'n toekoms,
tog kan my toekoms saam met 'n ander le.
Vir al wat ek weet kruis ons toekoms weer.

Binnekort sal daar 'n vurk le in my pad.
Dalk saam met jou f miskien vir 'n haar.

(2007-04-20)

Twee werelde

Ek sit met my voet in twee werelde:
Die een van my hart
Die ander van my verstand
Beide belowend en saal vrugte werp.

Ek's 'n jong boompie wat maklik buig
en sodoende my drome kan bestyg.
WIl ek vlieg emt my hart
of wil ek eerder met my verstand?

My hart en verstand baklei met mekaar.
Met watter kompromie gaan ek by skaar?!
My verstand kan groei terwyl
my hart haar drome lieflik verwyl.

Ek sit met my voetin twee werelde:
Die en van my hart
Die een van my verstand
Beide belowend wat 'n groter wereld oopmaak.

Die een hoef nie terug te staan vir die ander:
Hulle gaan dalk net wag vir mekaar
Die een gaan net eerste aankom daar.
Die ander een dalk my van besluit laat verander.

Ek sit met my voet in twee werelde:
My hart en my verstand.

'n Kans
in die vooruitsig
sal ek moet vat.

(2007-04-20 : Gaan ek met 'n gesin begin of gaan ek aangaan met my studies. Voor ek geweet het...)

Verlange van 'n koshuisstudent

Vanaand;
'n natweer, koue aand.
Voel ek hoe my hartjie in een trek,
voel ek hoe ek met elke milimeter van my na jou verlang.

Vanaand;
'n natwang, lee arms aand.
Huil ek my verlange uit saam met die reen.
Soek ek verlangend na jou warm, kloppende lyf teen myne.

Vanaand;
'n yskoue aand, 'n alleen aand.
Jy sit kilometers ver van my by ons huis.
Ek sit hier, vasgevang in my koshuishokkie...verlangend.

Vanaand is ekstra koud en nat.
Vanaand is ekstra alleen.
Vanaand is gevul met ekstra verlang.

Vanaand...
my engel: Verlang ek na jou!
More...
my lief: Sien ek jou...!

(2004-03-06 : Ek was in Lebone koshuis by RAU, het skaars 3 maande gehou op die kampus toe trek ek terug huistoe.)

What if?

What if it's meant to be?
What if age is just a number?
What if we, despite our age, lose control?
What if the what if's just stay what if's?

The truth is:
I want the what if's tot stay just that.

BUT WHAT IF...

A pandora's box of what if's
nothing good can come of it...
but what if...

But what if this is all wrong?
- which I think it is -
But what if destiny intended it so?
Or is it just a wise lie?

What if this is just a scam to fill
the lonely gaps in our lives?

What if it's the beginning of something great?

No more: "What if's".

Friendship it will be.
I'll be sure to keep it just that!
We will fill the holes by being there for each other.

But what if?

(2003 in die einde van die jaar iewers. Min het ek geweet dat ek nie die afstand sou kon hou nie hehe ;) )

Uurglas van trane

Die tyd in die uurglas loop uit,
dit was tog nodig dat die trane my wange bleik.

Die seer het die damwal laat breek,
ek wonder waar was ek en jy die week?

Die dagbreek het my gevind...
Die trane het tog lig gebring.

Jy het my teen jou vasgedruk en getroos.
Verstaan dat ek voel so broos.

Jou oe was so sag soos sy
Jou aanraking so deurdag.
Jou soetwoorde het my gevorm soos klei
en my mond weer laat lag!

Die tyd in die uurglas loop uit,
dit is tog 'n feit.
Onthou net:

Draai die uurglas om dan weet ek jy gee om.

(2004-05-14 : eerlik, ek het geen idee hoekom ek hierdie gedig geskryf het nie. Dit was tydens my eerste jaar op universiteit. dis al wat ek weet.)

Guess I will never know

I'm in conflict with my innerself.
Yet I don't know what it is about.
I think of a couple of things that it can be
but I'm not sure which it is?

I guess i'm starting to miss that which I never had.
I have reached a point where I don't know what to believe;
whether you did it or not!
I was just a child, how was I suppose to know?

I have flashbacks about that time.
Yet I don't know if it can be trusted.
I just kbow one thing...
I miss having you around.

I miss the things I spy from my friends:
seeing the glint in your eyes...proudness.
seeing the smile on your face...acceptance
...I don't know how it feels!

It never bothered me before, why?
I never needed you so bad before, that's why!

Where ever you are, waht ever you are doing...
Do you think of me?
Do you miss me?

Are you proud of me?

Guess I will never know...

(2003-07-04)

Pappa

Dis Vadersdag vandag
en ek verlang na my pa.
Ek dink terug aan pa se oe so sag
en heo, toe pa moes gewerk het, gepla.

Pappa spook die laaste tyd by my
Ek verlang na pappa, en hoe dit ook-al sy
wat pappa ook-al gedoen het,
het pa my ook lief, dit kan ek wed!

Ek glo pappa dink aan my vandg
ek ek hoop pappa lag.
Ons is so ver weg van mekaar,
tog weet ek pa is daar!

Vandag soek ek pa se bruin oe
tussen al die mense.
Ek weet nie of pappa my glo,
maar dis ene van my grootste wense;

Ek wil pa weer sien,
want 'n verduideliking is wat ek verdien.
Ek het lankal opgehou om kwaad te wees,
want my hart het jare gehad om dieper te lees.

Pappa, so in pa se verheid,
is ek lief vir pa in my hart se nabyheid.

(2003-06-15)

Deur my oe

Ek wil skryf oor die liefde,
maar al wat kom is griefte.
Liefdevolle harte wat breek
en monde wat om genade smeek.

Ek wil skryf oor die skone natuur,
wat gevreet word deur vuur.
Lewendgewende bome wat huil
terwyl onskuldige diertjies in hulle skuil.

Ek wil skryf oor die soete vreugde,
maar in soveel harte is daar 'n leegte.
Borrelende laggies nou vergete.
'n Stryd geveg verbete!

Ek wil skryf van die mooi in die lewe,
sonder om mense van vrees te sien bewe.
Ek skryf sommer van die lewe
hoe ek dit belewe.

(2003-05-14: Ook maar rondom die tyd wat ek en Roelof uitgemaak het.)

Hou op by my spook!

Soutreuk in my neus, branders om my voete.
Oe wat uistaar oor die bloue ewigheid.

Man van Yster, waarom spook jy by my?

My gedagtes wandel soos my voete op die strand...
'n Soet glimlag pluk aan my mond;

met 'n ystergreep het jy my fantasiee aangegryp

Jou kyke so ontstuimig soos die see
Jou glimlag so stralend soos die oggendson
Jou ystergreep soo die van 'n gesoute seeman

Ek sak neer op die growwe sand, noudat ek daaraand dink:
So grof soos jou manlike bakkies.

'n Stuk dryfhout spoel langs my uit.
Hartseer verspoel my kykers...

So selfversekerd, so koel en in beheer
het jy voorgekom...voorgegee?

My kykers het dieper gedring...binne jou
siel het ek 'n bootjie op die oop see gesien;

Onstuimig soos jou kykers, het die winde jou gepluk.
'n Front werk nie met my nie.
Jy spook by my:

Jy is 'n raaisel vir my wat sonder 'n antwoord staan!
Alleen
soos die oop see, word jy omring deur baie.

Ysterman van my herinnering...
Hou asseblief op om by my te spook

(2003-04-03 : ons het so jong meneer gehad by ons skool toe ek in matriek was, jong maar ek en 'n vriendin het boeke vol gedigte oor die tweetjies geskryf. DIe onnie het nie lank gebly nie, toe verlaat hy die onderwys.)

Dierlike herinnering

JOu twee-gat jakkals!
Weet jy tog nie dat
'n sny brood nie albei
kante gebotter kan word nie?

Jou muishond vir 'n klot!
Groener weivelde kon jy nie by
my kry nie, toe gaan jy
maar terug na jou braaksel?

Jy is 'n sluwe slang,
moes geweet het daar is iets in die gras...
hy't gedreig om te spoeg,
maar ek't jou opgeskroef!

Jy's voel, gekluister in die verlede
- vol bevredigende drange -
Ek, 'n feniks, wat sweef na die toekoms.

Fenikstrane het helende kragte;
Ek is heel!

(14/04/03 Ek het met Roelof uitgegaan en die verhouding het tot 'n einde gekom toe hy nie sy luck met my kon kry nie.)

Scared and alone

Having to move on was one of the hardest things I ever had to do!
Letting go of all I thought was true and right, was just as hard.
I never doubted all you told me. I always thought all was true.
But because of all past disappointments, I'll never again let down my guard.

I guess, for now, I have to face the future alone
but I'm so scared to be alone in this heartless world.
I wonder how stuff could be, if all was to be foretold?
I will then never again have to wait for the ring of the phone...

I'm so scared to be a failure to all who looks up to me
scared that they'll truly see the fake that I am
Always trying to find someone, just not to be alone...it was all a scam!
I'm so afraid that everyone will find out, and punish me...

I just ask one thing: Please let me stop crying at night
and send someone I can trust to help me fight this fight.


(2003-05-06 - ek was op die punt om op te gee, my eks het my gelos en my hart was gebreek. Dinge was ook erger as ooit by die huis. Dit was letterlik weke voor ek my man regtig ontmoet het en hy in my hartjie ingekruip het.)

Survived to tell the tale

Caught in a maze, trying to survive.
Some days...a hopeless strife
Going deeper and deeper, getting lost
Overpowered by a hopeless front.

The maze trying to engulf me
If only an outcome I could see!
Oh of this situation I wish to be free,
but I doubt the surfacing of glee.

The hoplessness overpowers
standing over us like dark towers
The darkness sipping my brave soul
leaving me a coward fool.

Seeking for the light to escape
all exits a fooling fake
Tangled in a agonizing chain
please help me to stay sane!

Seeing the sound in my ear
A fooling of hope I fear.
Giving me false hope
then let going of the rope.

Fighting back with all I posses
wanting to get out of this hell!
Step by step getting out of the troubled wall
Against the with hope I press.

Trying to survive what the world throws at me.
Unable to flee the heartless cold.

A voice reach my ears
I see my salvation
Disappear the devastation
The greatful tears...

I exit the maze with a smile
my heart no longer in exile.
I stepped out in victory:
I survived tot tell the tale.


(2003-05-21: moeilike situasie by die huis, maar ook 'n response op 'n gedig wat ons in Engels gedoen het.)

Sondag 23 Augustus 2009

My mood at this very moment

Sinking

Deeper and deeper

Trying to see the way out

Wondering where it is

Wishing to find it

Hoping it’s the right way...


So much pressure

A lot of it my own

My own worst enemy.

How to defeat myself?

That’s the big question...


Sinking in a way

Not known to me

Seeming such a waste of time

A waste of resources

A waste of effort


Everything seems fine

Can’t see the worry

Can’t feel the shudders

Can’t be there if you don’t know...


It doesn’t seem so bad

Peddling to stay afloat

Worst things in life than this

Comparing it


A way out there is...

A way out possibly...

Resting

Doing nothing

Just sitting

Not at all possible


No rest for the wicked...

Well at least not for me.


(23 Augustus 2009: 20:12)