Dinsdag 16 Julie 2013

Ek sien nie die plan nie...



As daar 'n plan is, sien ek dit nie.
Soveel trane, soveel hartseer...
wat is die doel daarvan?

Ek dink nog altyd dat als met 'n doel gebeur:
Ek moes seerkry om ander te help wat daardeur gaan.
Ek moes sukkel om ander te help wat sukkel.

Moes ek dit ervaar om empatie te hê?
Moes ek dit deur gaan om begrip te hê?

Dammit, ek wil nou ophou voorberei vir ander mense se seer.
Ophou raadgee vir goed wat my nie beskore is nie.

Die seer binne my is so groot...
Daar is 'n groter plan, jong, wees geduldig.

Man, shut up!!
Ek wil dit nie hoor nie.
Ek wil dit nie verstaan nie.
Ek wil nie begrip he nie.

Hoeveel dinge moet ons nog regdoen
om nie meer gestraf te word nie?

(18/07/2009)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking