Dis donker en alleen buite,
so voel dit ook hier diep-binne.
'n Oop spasie wat leeg is...
'n Leë spasie wat nie gevul is nie.
Die onregverdigheid is wat my vang.
Wie besluit wanneer, waar, wat...
Wie kies wie word voorgetrek
en wie word agtergelaat?
My arms is leeg...my hart hunker.
Hoe lank moet ek hunker?
Hoe lank nog anders wees as ander?
dinge anders doen,
wanneer ek so graag smag om te wees soos...
Ek smag na wat sy het, wat ek
wou hê
kon hê
miskien nog sal hê.
Die donkerte is leeg.
My hart is seer.
Trane rol oor my wange.
Trane wat drup oor die donkerte.
(24/02/2008 - Nie lank nadat ek uitgevind het dat ek nooit kinders sou kon hê nie. Hier sit ek vandag met 'n pragtige twee en 'n half jarige dogtertjie. Ons klein wonderwerkie.)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking