Dinsdag 16 Julie 2013

Weet en verstaan

Mense dink hulle weet en verstaan,
maar weet en verstaan hulle regtig?

Verstaan hulle:

die onrus
die trane
die ver-af blik in jou oë
die hartseer
die skynbare okey

Weet hulle hoekom?
Weet hulle wat?
Weet hulle waarom?
Weet hulle van jou?

Mense dink hulle verstaan my,
maar doen hulle regtig?

Verstaan hulle hoekom ek alleen wil loop?
Weet hulle hoekom hulle my nie verstaan nie?

Ek weet self nie.

(2003-07-25)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking