Dinsdag 16 Julie 2013

Stille antwoorde


Mens kry nooit die antwoord:
wat mens soek
wanneer mens dit soek
hoe mens dit soek
nie...

Soms voel dit asof:
almal kry hul antwoorde
almal kry dit en meer

almal kry wat ek graag soek...

Ek't baie om voor dankbaar te wees:
liefdevolle man
ongelooflike goeie werk
'n familie wat omgee en in my glo
onvoorwaardelike vriende
gesondheid
geleerdheid
skynbaar genoeg om voor dankbaar te wees...

Maar hoekom mag mens nie:
moedeloos word
wil baklei
graag skreeu op die Man nie?

Liewe Here,
waarom die grootste geskenk van my weerhou?
waarom wag vir iets so wonderlik?
waarom voel dit vir my asof ek dit nie verdien nie?
dat dit die rede is hoekom...

Mag ek Jou bevraagteken?
Mag ek se dat ek ongeduldig word?
Mag ek se dat ek enige van my seeninge sal opgee?

Daar is seker antwoorde,
dis net te stil vir my om dit te hoor.

(7/11/2009)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking