Dinsdag 16 Julie 2013

Doodgaan

Daar is soveel mooi in die wêreld.
Tog ook 'n harde werklikheid...
die harde werklikheid van

hartseer
pyn
trane en ...
dood

As jy die dag binne sterf
dan is alles VERBY!
Jy ken nie meer gevoel nie
Jy lag nie meer nie
Jy huil nie meer nie...
als binne is dood.

Buite om jou is alles voorgee:
Jy huil as mense sê jy is ongelukkig
Jy lag as mense sê jy is gelukkig
Jy voel okey as mense sê jy is okey.

Jy voel
niks
weet niks
sien niks
Alles is voorgee.
Hoekom?

Gee my dié antwoord
en ek wys jou 'n man wat vroue verstaan.

(2003-07-25 - Vrek maar my gedigte was donker in matriek, ek kan nie onthou wat die omstandighede was vir die gedig nie.)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking