Dinsdag 16 Julie 2013

Tonginniekies ('n Liedjie wat ek in 2010 geskryf het)



Koor:
Almal het een
Miskien is jy met meer geseën
‘n Gunsteling woord in Afrikaans
Dit laat jou tong in jou mond rond dans.
Die woordjies warrelskarrel oor jou tong
Jy wil nie meer dink aan die engelse song

Spookasem, wolkekrabber, sambreel
Melkskommel, pantoffel,  mallemeul
Afrikaanse woorde kielie my keel
Hoe kan ‘n HAT my nou verveel?

Fopspeen, riempiesbank, karnuffel
Kabouter, karringmelk, snuffel
Afrikaanse woorde sal nooit sukkel
Om sy boude lekker te wikkel.

Koor:
Almal het een
Miskien is jy met meer geseën
‘n Gunsteling woord in Afrikaans
Dit laat jou tong in jou mond rond dans.
Die woordjies warrelskarrel oor jou tong
Jy wil nie meer dink aan die engelse song

Tammeletjie, arie-warie, bombalie
Spioen, spinnekop, kielie kwasie
Afrikaanse woorde het geen bas’ie
Dis die hardklop van ‘n nasie!

Soveel woorde om van te kies
Daar is nie ‘n kans om op te vries
Ongelooflik tong-in-die-kies
Dis hoekom ek Afrikaans verkies.

Brug:
Afrikaans jy maak my mal,
vir jou het ek lankal geval.
Afrikaans jy maak my sag,
 hoe kan ander jou so verkrag.
Hulle noem dit ons moedertaal, want vaders kry selde kans om iets te sê.

Koor:
Almal het een
Miskien is jy met meer geseën
‘n Gunsteling woord in Afrikaans
Dit laat jou tong in jou mond rond dans.
Die woordjies warrelskarrel oor jou tong
Jy wil nie meer dink aan die engelse song

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking