Dinsdag 16 Julie 2013

Uitgebrand

Ek brand uit soos 'n kers wat
aan albei kante brand.
Die was drup orals af
Orals vervuil van my was.

was georganiseerd
is deurmekaar
was gefokus
is deurmekaar
was positief oor alles
is deurmekaar oor alles

My kersliggie flikker...
te min suurstof om my...
besig om te versmoor
besig om myself te verloor

Ek voel altyd goor...
My kersie is besig om uit te brand.
Ek weet nie meer watter kant
begrawe sommer my kop in die sand...

(Geskryf iewers tussen 2008 en 2010)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking