Dinsdag 16 Julie 2013

Berg hier voor my

Mens het af dae en
mens het op dae.

Die lewe werk soos 'n bergpaadjie:

Daar is verskeie kronkels
vir elke op is daar 'n
af
en orals lê daar klippers.

Wie het nou ooit 'n reguit lyn in die natuur gesien?
Jy kronkel
            heen en weer
                        soos 'n  slang

Die bergpaadjie loop soos 'n hartmasjien:

Helling op                                  helling op
                          helling af
'n Hoë berg soos Everest hét net op.

Klippers soos sandkorrels in 'n skulp:
Irriteer genoeg en 'n pêrel vorm.

'n Vervlakste pêrel.

                                                Klim jou berg.

Loop maar jou berg.
                                                    Val jou berg.

(2003-07-25)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking