Dinsdag 16 Julie 2013

Toe en nou

Dinge het so verander:
Ek vertrou jou nou.
Ek sien jou my in jou arms vou.

Tog het sommige dinge dieselfde gebly:
Jy gee steeds vir my om
en jou liefde vir my blom.

Ek sien dinge in die toekoms verander.
Ek sien dinge in die verlede, onveranderd.

Ek sien vir jou
Staande in die winterkou
Omgee in jou oë en 'n hart wat aanhou glo.
Ek sien myself:
Onseker, tog volg gevoel vir jou.

Dinge hét verander
tog ook bly dinge onveranderd...

(Die gedig is ook nie gedateer nie)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking