Sondag 26 Julie 2009

Die studie van gedigte

Ek voel dikwels dat daar soveel dinge vir mense in skole geleer word wat nie regtig sin maak nie. In baie opsigte goed wat hulle nie regtig kan gebruik nie.

Die studie van gedigte kan soveel meer vir die kids op skool leer as wat tans die geval is. In plaas daarvan dat leerders los gedigte doen wat jaar na jaar herhaal word...hoekom dit nie verander nie??

Op varsity moet ons verskillende digters ontleed en hul bundels bespreek. Maar op skool word ons nie hiervoor voorberei nie. Is skool nie veronderstel om ons voor te berei vir wat naskool kan gebeur nie? Dis nie meer so ongewoon om afrikaans as vak te he as jy gaan swot nie.

Nou hier is my voorstel: Hoekom kan die verskillende grade nie fokus op een digter vir die volle duur van die jaar nie? Maar dan kyk hulle na werk wat oor 'n tydperk geskryf is. Hulle gaan soveel meer leer oor die ontleding van gedigte en hulle leer nog meer van die betrokke digter.

Een digter wat ek al klaar aan dink is Antjie Krog. Ons kids van vandag kan soveel leer by haar. Wat dink jy?

1 opmerking:

  1. Hi. Ek is okei met die gedagte van een digter se werke vir 'n jaar. Egter: Dit mag die leerder of verveeld laat raak asook die styl van die digter kan veroorsaak dat die leerder nie by ander digsoorte, vorme, style uitkom nie.

    AntwoordVee uit