Vrydag 19 Julie 2013
Your worth above the rest
Some situations are more trouble
than they are worth.
Worthless situations that clouds
the prize in sight.
The sight of some situations
gives a fright.
A frightening thought in my head that
that I desire will end
Out of grasp
Out of sight
Out of mind
Decide to be first above the rest
To be taken care of first
To be thought of first...
not because you are good
but because you are worth it.
(11/03/03)
Survived to tell the tale
Caught in a maze, trying to survive
Some days... a hopeless strife
Going deeper and deeper, getting lost
Overpowered by a hopeless frost.
The maze trying to engulf me
If only an outcome I could see!
Oh of this situation I wish to be free,
but I doubt the surfacing of glee.
The hopelessness overpowers
Standing over us like dark towers.
The darkness sipping my brave soul,
leaving me a coward fool.
Seeking for the light to escape
all exits a fooling fake
Tangled in a agonizing chain
please help met to stay sane!
Seeing the sound in my ears
A fooling hope I fear.
Giving me false hope
then let going of the rope.
Fighting back with all I posses.
Wanting to get out of this hell!
Step by step getting out of the troubled well.
Against the wall with hope I press.
Trying to survive what the world throws at me.
Unable to flee the heartless cold.
A voice reach my cars
I see my salvation, disappears the devastation.
The great full tears...
I exit the maze with a smile
my heart no longer in exile.
I stepped out in victory
I survived to tell the tale.
2003-05-21
Some days... a hopeless strife
Going deeper and deeper, getting lost
Overpowered by a hopeless frost.
The maze trying to engulf me
If only an outcome I could see!
Oh of this situation I wish to be free,
but I doubt the surfacing of glee.
The hopelessness overpowers
Standing over us like dark towers.
The darkness sipping my brave soul,
leaving me a coward fool.
Seeking for the light to escape
all exits a fooling fake
Tangled in a agonizing chain
please help met to stay sane!
Seeing the sound in my ears
A fooling hope I fear.
Giving me false hope
then let going of the rope.
Fighting back with all I posses.
Wanting to get out of this hell!
Step by step getting out of the troubled well.
Against the wall with hope I press.
Trying to survive what the world throws at me.
Unable to flee the heartless cold.
A voice reach my cars
I see my salvation, disappears the devastation.
The great full tears...
I exit the maze with a smile
my heart no longer in exile.
I stepped out in victory
I survived to tell the tale.
2003-05-21
Pappa
Dis Vadersdag vandag
en ek verlang na my pa.
Ek dink terug aan pa se oë so sag
en hoe, toe pa moes gewerk het, gepla.
Pappa spook die laaste tyd by my
Ek verlang na pappa, en hoe dit ook-al sy
wat pappa ook-al gedoen het,
het pa my ook lief, dit kan ek wed!
Ek glo pappa dink aan my vandag
en ek hoop pappa lag.
Ons is so ver weg van mekaar,
tog weet ek pa is daar!
Vandag soek ek pa se oë
tussen al die mense.
Ek weet nie of pappa my glo,
maar dis ene van my grootste wense;
Ek wil pa weer sien,
want 'n verduideliking is wat ek verdien.
Ek het lankal opgehou om kwaad te wees,
want my hart het jare gehad om dieper te lees.
Pappa, so in pa se vêrheid,
is ek lief vir pa in my hart se nabyheid.
(2003-06-15)
en ek verlang na my pa.
Ek dink terug aan pa se oë so sag
en hoe, toe pa moes gewerk het, gepla.
Pappa spook die laaste tyd by my
Ek verlang na pappa, en hoe dit ook-al sy
wat pappa ook-al gedoen het,
het pa my ook lief, dit kan ek wed!
Ek glo pappa dink aan my vandag
en ek hoop pappa lag.
Ons is so ver weg van mekaar,
tog weet ek pa is daar!
Vandag soek ek pa se oë
tussen al die mense.
Ek weet nie of pappa my glo,
maar dis ene van my grootste wense;
Ek wil pa weer sien,
want 'n verduideliking is wat ek verdien.
Ek het lankal opgehou om kwaad te wees,
want my hart het jare gehad om dieper te lees.
Pappa, so in pa se vêrheid,
is ek lief vir pa in my hart se nabyheid.
(2003-06-15)
Nostalgie: Om Afrikaans in Afrikaans aan te bied
Geskryf deur Marelize Swanepoel en gepubliseer in Klasgids vir Afrikaansonderwysers
Ek verlang vandag
verskriklik na Afrikaans. As Afrikaanse
juffrou smag ek daarna om suiwer Afrikaans in my klaskamer te gebruik. Om te voel hoe my moedertaal oor my lippe
rol…tog is dit nie regtig moontlik nie.
As jy ‘n
Afrikaanse onderwyser is wat eerste addisionele taal in jou klaskamer aanbied,
weet jy presies hoe ek voel. Praat jy
suiwer Afrikaans, of net eenvoudige Afrikaans, gaan enkele bloedjies maar min
verstaan. Tog strek dit verder as net ‘n
kommunikasie gaping tussen onderwyser en leerder. Soms wil die leerders nie eers in Afrikaans
probeer nie. Hoe het my een klas dit aan
my gestel: “why should we be punished to
be taught in Afrikaans?” My hartjie, dit
is tog immers die Afrikaanse klas, maar dit daar gelaat. Sommige leerders het eenvoudig net nie die
kapasiteit om Afrikaans in Afrikaans te verstaan nie, ek praat nou hier van
leerders in graad 10, 11 en 12. Iewers
het die sisteem hulle gevaal of iewers het onderwysers, in ‘n poging om te
help, gewys dat hulle nie Afrikaans in Afrikaans hoef te leer nie. Hoekom moet die leerders sukkel in Afrikaans
as boeke soos “Afrikaans Handbook and Study guide: An English student’s guide
to Afrikaans” beskikbaar is? Ek gebruik
self genoemde boek in my klaskamer, baie van my kortpaaie het sy nederige begin
by Beryl Lutrin se boek gehad. Tog moet
ek ook erken dat die Engelse benadering tot Afrikaans ‘n kruk geword het.
As groentjie is ek
gou meegedeel dat ek moet besef dat ek Afrikaans in Engels sal moet
aanbied. Is dit nou nie vir jou ‘n
oksimoron nie?! Om Afrikaans IN Engels
aan te bied. Gou het ek besef dat die
stemme nie besig was om grappe te maak nie.
Vroeg in 2005 het ek my Afrikaans-in-Engels-paadjie begin stap. In ‘n poging om my leerders te help, het ek
myself daarin gegooi om kortpaaie te ontwikkel om die vak meer toeganklik te
maak. Ek het in die soeke meer van my
moedertaal geleer as die 12 jaar wat ek moedertaal-onderrig ontvang het. Ek was selfs verbaas gewees toe ek besef dat
my moedertaal opgebou is uit reëls en formules (amper nes Wiskunde) en nie net
berus op aanvoeling soos ek al die jare gedink het nie. Glo dit of nie, STOMPI het my gehelp met my
derdejaar Sintaksis sinsontleding!!
Skielik het ek nie
net gevoel ek is reg nie, ek het geweet my antwoorde is reg. Ek het selfs begin om my antwoorde te toets
met die Engelse verduidelikings van die reëls.
Skielik het ek nie net geweet iets is reg nie, ek het geweet hoekom dit
reg is. Ek gebruik steeds my Engelse
kortpaaie om my Afrikaanse sinne te toets.
Dié manier van aanbied het my bemagtig om Afrikaans beter te verduidelik
aan my leerders. Hoeveel keer het ek op
skool vir my Afrikaans onnies gevra hoekom iets is soos dit is. Malle sonder tal is ek meegedeel dat dit reg
voel op die tong óf
omdat dit so moet wees. Deesdae kan ek
met selfvertroue presies verduidelik hoekom iets op ‘n spesifieke manier werk
as ‘n leerder my vra: “But why mam?”
Tog sit ons nou
met ‘n catch-22 situasie: Ons wil ons
leerders help om in Afrikaans te presteer, daarom gebruik ons Engels om
Afrikaans te verduidelik. Die probleem
is egter terwyl ons Afrikaans in Engels aanbied, ontneem ons ons leerders van
die geleentheid om Afrikaans op die regte manier te leer. Die probleem met die benadering is dat daar
leerders voor ons sit wat nie ‘n woord Afrikaans verstaan nie. Kan jy die probleem sien waarmee ons
Afrikaanse taalonnies sit in Engelse skole?
Ons kan suiwer Afrikaans in die klas gebruik, maar dan druip ‘n groot
gedeelte van ons leerders. Ons kan
Afrikaans in Engels verduidelik en darem ‘n 40% klasgemiddeld bymekaar
skraap. In sommige gevalle is hierdie
40% vir ons ‘n verskriklike groot prestasie.
Daarom sit ek met
nostalgie en verlang na Afrikaans in Afrikaans aanbied. Ten minste kan ‘n groter meerderheid van my
leerders Afrikaans deurkom, al is dit nie die ideaalste omstandighede nie. Hoe kan ons probeer om deel van die oplossing
te wees en nie die probleem self nie? Ek
het besluit om my skuif na ‘n laerskool te maak, op hoërskool is dit amper te
laat om die leerders te dwing om Afrikaans in Afrikaans te neem. Ek gaan steeds my kortpaaie gebruik wat ek
uit die Engelse aanbieding van Afrikaans geleer het, maar die keer gaan ek my
bes probeer om dit in Afrikaans aan my leerders oor te dra. Al kos dit my om korter sinne, stadiger praat
en baie herhaling te gebruik. Ons doel
is tog nie net om kinders te kry om Afrikaans te slaag nie, ons uiteindelike
doel is om ons kinders te kry om Afrikaans met selfvertroue te kan praat.
Dinsdag 16 Julie 2013
Stille antwoorde
wat mens soek
wanneer mens dit soek
hoe mens dit soek
nie...
Soms voel dit asof:
almal kry hul antwoorde
almal kry dit en meer
almal kry wat ek graag soek...
Ek't baie om voor dankbaar te wees:
liefdevolle man
ongelooflike goeie werk
'n familie wat omgee en in my glo
onvoorwaardelike vriende
gesondheid
geleerdheid
skynbaar genoeg om voor dankbaar te wees...
Maar hoekom mag mens nie:
moedeloos word
wil baklei
graag skreeu op die Man nie?
Liewe Here,
waarom die grootste geskenk van my weerhou?
waarom wag vir iets so wonderlik?
waarom voel dit vir my asof ek dit nie verdien nie?
dat dit die rede is hoekom...
Mag ek Jou bevraagteken?
Mag ek se dat ek ongeduldig word?
Mag ek se dat ek enige van my seeninge sal opgee?
Daar is seker antwoorde,
dis net te stil vir my om dit te hoor.
(7/11/2009)
Ek sien nie die plan nie...
As daar 'n plan is, sien ek dit nie.
Soveel trane, soveel hartseer...
wat is die doel daarvan?
Ek dink nog altyd dat als met 'n doel gebeur:
Ek moes seerkry om ander te help wat daardeur gaan.
Ek moes sukkel om ander te help wat sukkel.
Moes ek dit ervaar om empatie te hê?
Moes ek dit deur gaan om begrip te hê?
Dammit, ek wil nou ophou voorberei vir ander mense se seer.
Ophou raadgee vir goed wat my nie beskore is nie.
Die seer binne my is so groot...
Daar is 'n groter plan, jong, wees geduldig.
Man, shut up!!
Ek wil dit nie hoor nie.
Ek wil dit nie verstaan nie.
Ek wil nie begrip he nie.
Hoeveel dinge moet ons nog regdoen
om nie meer gestraf te word nie?
(18/07/2009)
'n Kortverhaal wat ek op 21 geskryf het
Crayola
washables ook vir my seun
Geskryf deur Marelize
Erasmus
“Ek wil hê julle moet
vir my ʼn monster teken,” juffrou Erasmus kyk met groot oë na haar graad 5 klas,
“maar nie sommer enige monster nie.
Hierdie monster moet gemaak word uit verskillende dele van ander diere
en enige iets anders wat julle aan kan dink. Gebruik julle verbeelding!”
Die graad vyfies kyk
met groot oë na hulle juffrou. Juffrou
het uiteindelik na my idee geluister wat ek aan die begin van die jaar in die
idees-boks gegooi het, jipee! Eugene is ʼn
oulike, slim en baie eiewyse seunskind.
Hy het wilde swart hare soos sy pa...jy weet voordat hy grys geword het,
sy ogies kan enige grootmens se hart laat vermurwe. Eugene is baie lief daarvoor om te teken,
vandat hy kan onthou teken hy al. Sy pa
het vir hom sy eerste vetkryte op 3 jarige ouderdom gegee. Kort daarna moes hy uitvind dat hy nie op die
eetkamer muur mag teken nie, sy ma was bietjie kwaad, maar net vir ʼn
rukkie. Sy pa het vir sy klein
kunstenaartjie ʼn foto raam uitmekaar gehaal en daardie prentjie geraam, net
daar op die muur. Hy het nou nog daardie
raam met ʼn foto van die prentjie wat hy destyds geteken het. Vandag is sy kans om vir sy juffrou te wys
dat hy nie net mooi kan teken nie, maar ook dat hy kreatief kan dink.
“Hy Eugene, aarde na
Eugene, was jy al weer in daardie wêreldjie van jou?” Marelca, sy maatjie van
kleuterskool af kyk met haar groot blou oë na hom, “juffrou het al 5 minute terug gesê dat ons moet
begin met ons prentjie.”
“Marelca, jy weet mos
ek doen my beste werk as ek eers na my wêreldjie toe gaan!” Ek kan sien dat sy
reg is om my ʼn klap te gee, maar sy besluit toe dat sy eerder die tyd baie
beter kan gebruik as om met my te stry oor my gemaak wêreldjie.
Ek kyk na die groot
papier op my tafel en die moontlikhede is oneindigend. Ek maak my tas oop en haal my Crayola
washable markers en my Crayola twistables uit.
Nadat ek op die muur geteken het, het my ma besluit dat ek eerder
washable skryfgoed moet gebruik.
Ek haal my HB potlood
uit en trek my eerste streep en dit was die einde. Idees kry vorm in my kop, verskillende diere
en hulle parte vlieg voor my oë verby.
My strepe kry vorm op die papier:
ʼn groot vis vir ʼn lyf, vier baie groot oë (hehe, jy weet om hulle beter
te sien, hehe), drie pote wat lyk soos hoenderpote en heel laaste ʼn stuk
liquerice, want hy hou van my gunsteling lekkers.
Ek teken vir die vis
groot driehoekige tande met ʼn groot glimlag.
Juffrou het mos gesê ons moet ʼn monster teken, maar nie dat die
monster nie vriendelik kan wees nie. My
pa het my van kleins af geleer dat mens nie bang hoef te wees vir monsters nie,
jy moet hulle net so verander dat jy vir hulle kan lag.
Ek begin my prentjie
in te kleur. Eers die Crayola washable
markers om die vis se lyne mee te trek.
Die “Hansviswors” moet helder en baie kleurvol wees, vir hierdie monster
sal daar gelag word.
“Jinne, Eugene, maar
is dit nou nie ʼn vriendelike en kleurvolle monster nie! Wat noem jy hierdie
gedrog?” juffrou Erasmus kyk vir hom met ʼn groot glimlag op haar gesig.
“Dis ʼn Hansviswors
juffrou,” Eugene praat vol selfvertroue, “dis ʼn vis gekruis met ʼn
hanswors. Ons moenie toelaat dat
monsters ons bangmaak nie, juffrou. As
jy vir hulle kan lag, is jy nie meer bang vir hulle nie.”
“Dit is ʼn baie
interessante manier van kyk na die lewe!”
Eugene hou van
juffrou Erasmus, sy laat hom toe om homself te wees. Eugene hou nie daarvan om in ʼn boksie gedruk
te word nie. Sy ouers het hom geleer dat
om selfstandig te dink hom ʼn individu maak en dat hoofstroom te wees nie die
moeite werd is nie. Pa het hom geleer
dat Swanepoels nie bang is om individue te wees nie, die beste persoon wat jy
kan wees is die persoon wie jy op aarde gesit is om te wees. En hy leef dit 100% uit. Dis een van die redes hoekom juffrou Erasmus
so baie van Eugene hou. Hy is haar
sterretjie in die klas. Hy sorg altyd
vir ʼn vars bries in die klas met sy anderse manier van dink.
Sy verwelkom dit. Hy het al ʼn hele paar verskille teweeg
gebring in haar klas. Chester wil nie
meer soos Jimmy wees nie, hy is nie meer skaam om homself te wees nie. Marelca het opgehou om weg te kruip en haar
natuurlike leiers eienskappe het na vore gekom en sy is klaar ʼn moontlike keuse
vir hoofdogter in graad 7. Ja-nee, hierdie seunskind gaan nog ʼn groot verskil
in ons klein dorpie maak.
“Jong, kleur hom
gou-gou in. “ Juffrou stap na haar tafel toe en gaan haal haar goue sterretjies
uit haar boonste laai.
Almal van ons het
daardie dag sterretjies gekry, my en so paar ander se prentjies is ingeskryf
vir die kunswedstryd. My monster hang
geraam in my seun se kamer met ʼn goue sterretjie in die hoek en ʼn “Mooi
so!”. Ek het baie gou geleer dat Crayola
washables ook vir hom sal werk.
DIE EINDE
Marelize Erasmus
21
Afrikaans Addisionele
taal onderwyser by Florida Park High School
Posbus 631, RIDGE
TERRACE, 2168
Tonginniekies ('n Liedjie wat ek in 2010 geskryf het)
Koor:
Almal
het een
Miskien
is jy met meer geseën
‘n
Gunsteling woord in Afrikaans
Dit
laat jou tong in jou mond rond dans.
Die
woordjies warrelskarrel oor jou tong
Jy wil
nie meer dink aan die engelse song
Spookasem, wolkekrabber, sambreel
Melkskommel, pantoffel, mallemeul
Afrikaanse woorde kielie my keel
Hoe kan ‘n HAT my nou verveel?
Fopspeen, riempiesbank, karnuffel
Kabouter, karringmelk, snuffel
Afrikaanse woorde sal nooit sukkel
Om sy boude lekker te wikkel.
Koor:
Almal
het een
Miskien
is jy met meer geseën
‘n
Gunsteling woord in Afrikaans
Dit
laat jou tong in jou mond rond dans.
Die
woordjies warrelskarrel oor jou tong
Jy wil
nie meer dink aan die engelse song
Tammeletjie, arie-warie, bombalie
Spioen, spinnekop, kielie kwasie
Afrikaanse woorde het geen bas’ie
Dis die hardklop van ‘n nasie!
Soveel woorde om van te kies
Daar is nie ‘n kans om op te vries
Ongelooflik tong-in-die-kies
Dis hoekom ek Afrikaans verkies.
Brug:
Afrikaans
jy maak my mal,
vir jou
het ek lankal geval.
Afrikaans
jy maak my sag,
hoe kan ander jou so verkrag.
Hulle
noem dit ons moedertaal, want vaders kry selde kans om iets te sê.
Koor:
Almal
het een
Miskien
is jy met meer geseën
‘n
Gunsteling woord in Afrikaans
Dit
laat jou tong in jou mond rond dans.
Die
woordjies warrelskarrel oor jou tong
Jy wil
nie meer dink aan die engelse song
Toe en nou
Dinge het so verander:
Ek vertrou jou nou.
Ek sien jou my in jou arms vou.
Tog het sommige dinge dieselfde gebly:
Jy gee steeds vir my om
en jou liefde vir my blom.
Ek sien dinge in die toekoms verander.
Ek sien dinge in die verlede, onveranderd.
Ek sien vir jou
Staande in die winterkou
Omgee in jou oë en 'n hart wat aanhou glo.
Ek sien myself:
Onseker, tog volg gevoel vir jou.
Dinge hét verander
tog ook bly dinge onveranderd...
(Die gedig is ook nie gedateer nie)
Ek vertrou jou nou.
Ek sien jou my in jou arms vou.
Tog het sommige dinge dieselfde gebly:
Jy gee steeds vir my om
en jou liefde vir my blom.
Ek sien dinge in die toekoms verander.
Ek sien dinge in die verlede, onveranderd.
Ek sien vir jou
Staande in die winterkou
Omgee in jou oë en 'n hart wat aanhou glo.
Ek sien myself:
Onseker, tog volg gevoel vir jou.
Dinge hét verander
tog ook bly dinge onveranderd...
(Die gedig is ook nie gedateer nie)
Definition of a kiss
In close, romantic moments
a kiss has a whole other meaning:
It is deeper, more romantic, more
enjoyable to kiss.
It is a time where loved one's enjoy each other.
They take each other in consideration.
Then there is another side to kissing
another definition:
It is a time when passion takes over
when kisses are hot and steaming with lust
a time when all emotions run wild like a
black stallion in the wild
It is a time...
The definition of a kiss is a passionate spark
a deep loving emotion.
(Hierdie gedig is nie gedateer nie)
a kiss has a whole other meaning:
It is deeper, more romantic, more
enjoyable to kiss.
It is a time where loved one's enjoy each other.
They take each other in consideration.
Then there is another side to kissing
another definition:
It is a time when passion takes over
when kisses are hot and steaming with lust
a time when all emotions run wild like a
black stallion in the wild
It is a time...
The definition of a kiss is a passionate spark
a deep loving emotion.
(Hierdie gedig is nie gedateer nie)
Doodgaan
Daar is soveel mooi in die wêreld.
Tog ook 'n harde werklikheid...
die harde werklikheid van
hartseer
pyn
trane en ...
dood
As jy die dag binne sterf
dan is alles VERBY!
Jy ken nie meer gevoel nie
Jy lag nie meer nie
Jy huil nie meer nie...
als binne is dood.
Buite om jou is alles voorgee:
Jy huil as mense sê jy is ongelukkig
Jy lag as mense sê jy is gelukkig
Jy voel okey as mense sê jy is okey.
Jy voel
niks
weet niks
sien niks
Alles is voorgee.
Hoekom?
Gee my dié antwoord
en ek wys jou 'n man wat vroue verstaan.
(2003-07-25 - Vrek maar my gedigte was donker in matriek, ek kan nie onthou wat die omstandighede was vir die gedig nie.)
Tog ook 'n harde werklikheid...
die harde werklikheid van
hartseer
pyn
trane en ...
dood
As jy die dag binne sterf
dan is alles VERBY!
Jy ken nie meer gevoel nie
Jy lag nie meer nie
Jy huil nie meer nie...
als binne is dood.
Buite om jou is alles voorgee:
Jy huil as mense sê jy is ongelukkig
Jy lag as mense sê jy is gelukkig
Jy voel okey as mense sê jy is okey.
Jy voel
niks
weet niks
sien niks
Alles is voorgee.
Hoekom?
Gee my dié antwoord
en ek wys jou 'n man wat vroue verstaan.
(2003-07-25 - Vrek maar my gedigte was donker in matriek, ek kan nie onthou wat die omstandighede was vir die gedig nie.)
Weet en verstaan
Mense dink hulle weet en verstaan,
maar weet en verstaan hulle regtig?
Verstaan hulle:
die onrus
die trane
die ver-af blik in jou oë
die hartseer
die skynbare okey
Weet hulle hoekom?
Weet hulle wat?
Weet hulle waarom?
Weet hulle van jou?
Mense dink hulle verstaan my,
maar doen hulle regtig?
Verstaan hulle hoekom ek alleen wil loop?
Weet hulle hoekom hulle my nie verstaan nie?
Ek weet self nie.
(2003-07-25)
maar weet en verstaan hulle regtig?
Verstaan hulle:
die onrus
die trane
die ver-af blik in jou oë
die hartseer
die skynbare okey
Weet hulle hoekom?
Weet hulle wat?
Weet hulle waarom?
Weet hulle van jou?
Mense dink hulle verstaan my,
maar doen hulle regtig?
Verstaan hulle hoekom ek alleen wil loop?
Weet hulle hoekom hulle my nie verstaan nie?
Ek weet self nie.
(2003-07-25)
Never give up
Why settle for less
and always be second best?
So many have told you about your potential,
your fighting spirit and endurance!
Take all you have heard to heart
and stop taking yourself apart.
Success lies on your way
no matter what others might say.
You worked yourself out of the gutters
and look where you are standing:
Deputy headgirl
Team captain of Chess and shooting
Public speaker
Even if there is only one standing behind
me and cheering me on...
That one person who believed in me
showed me my true potential;
willing to work for that only one.
To see the approval in their eyes...
To know that I reached success
because I am the best!!
(2003/06/06 - My matriekjaar, besig om meer in myself te glo en nie meer te luister na die stemme nie.)
and always be second best?
So many have told you about your potential,
your fighting spirit and endurance!
Take all you have heard to heart
and stop taking yourself apart.
Success lies on your way
no matter what others might say.
You worked yourself out of the gutters
and look where you are standing:
Deputy headgirl
Team captain of Chess and shooting
Public speaker
Even if there is only one standing behind
me and cheering me on...
That one person who believed in me
showed me my true potential;
willing to work for that only one.
To see the approval in their eyes...
To know that I reached success
because I am the best!!
(2003/06/06 - My matriekjaar, besig om meer in myself te glo en nie meer te luister na die stemme nie.)
Berg hier voor my
Mens het af dae en
mens het op dae.
Die lewe werk soos 'n bergpaadjie:
Daar is verskeie kronkels
vir elke op is daar 'n
af
en orals lê daar klippers.
Wie het nou ooit 'n reguit lyn in die natuur gesien?
Jy kronkel
heen en weer
soos 'n slang
Die bergpaadjie loop soos 'n hartmasjien:
Helling op helling op
helling af
'n Hoë berg soos Everest hét net op.
Klippers soos sandkorrels in 'n skulp:
Irriteer genoeg en 'n pêrel vorm.
'n Vervlakste pêrel.
Klim jou berg.
Loop maar jou berg.
Val jou berg.
(2003-07-25)
mens het op dae.
Die lewe werk soos 'n bergpaadjie:
Daar is verskeie kronkels
vir elke op is daar 'n
af
en orals lê daar klippers.
Wie het nou ooit 'n reguit lyn in die natuur gesien?
Jy kronkel
heen en weer
soos 'n slang
Die bergpaadjie loop soos 'n hartmasjien:
Helling op helling op
helling af
'n Hoë berg soos Everest hét net op.
Klippers soos sandkorrels in 'n skulp:
Irriteer genoeg en 'n pêrel vorm.
'n Vervlakste pêrel.
Klim jou berg.
Loop maar jou berg.
Val jou berg.
(2003-07-25)
Worth
Worth
To be known for what I am
and not what I can do...
Now there is a thought.
To be called upon:
not because I have a solution
but because I have a shoulder.
One's worth is weighed:
what we can and can not do.
DO...the key word
not the most important words
- what you mean -
"You are worth your weight in gold"
The way you are seen:
Money in someone's pocket.
I'd rather be worth my weight
in thoughts in someone's heart.
(11/03/2008 - Baie donker tyd in my lewe by my eerste skool wat ek gewerk het.)
To be known for what I am
and not what I can do...
Now there is a thought.
To be called upon:
not because I have a solution
but because I have a shoulder.
One's worth is weighed:
what we can and can not do.
DO...the key word
not the most important words
- what you mean -
"You are worth your weight in gold"
The way you are seen:
Money in someone's pocket.
I'd rather be worth my weight
in thoughts in someone's heart.
(11/03/2008 - Baie donker tyd in my lewe by my eerste skool wat ek gewerk het.)
Leegste donker
Dis donker en alleen buite,
so voel dit ook hier diep-binne.
'n Oop spasie wat leeg is...
'n Leë spasie wat nie gevul is nie.
Die onregverdigheid is wat my vang.
Wie besluit wanneer, waar, wat...
Wie kies wie word voorgetrek
en wie word agtergelaat?
My arms is leeg...my hart hunker.
Hoe lank moet ek hunker?
Hoe lank nog anders wees as ander?
dinge anders doen,
wanneer ek so graag smag om te wees soos...
Ek smag na wat sy het, wat ek
wou hê
kon hê
miskien nog sal hê.
Die donkerte is leeg.
My hart is seer.
Trane rol oor my wange.
Trane wat drup oor die donkerte.
(24/02/2008 - Nie lank nadat ek uitgevind het dat ek nooit kinders sou kon hê nie. Hier sit ek vandag met 'n pragtige twee en 'n half jarige dogtertjie. Ons klein wonderwerkie.)
so voel dit ook hier diep-binne.
'n Oop spasie wat leeg is...
'n Leë spasie wat nie gevul is nie.
Die onregverdigheid is wat my vang.
Wie besluit wanneer, waar, wat...
Wie kies wie word voorgetrek
en wie word agtergelaat?
My arms is leeg...my hart hunker.
Hoe lank moet ek hunker?
Hoe lank nog anders wees as ander?
dinge anders doen,
wanneer ek so graag smag om te wees soos...
Ek smag na wat sy het, wat ek
wou hê
kon hê
miskien nog sal hê.
Die donkerte is leeg.
My hart is seer.
Trane rol oor my wange.
Trane wat drup oor die donkerte.
(24/02/2008 - Nie lank nadat ek uitgevind het dat ek nooit kinders sou kon hê nie. Hier sit ek vandag met 'n pragtige twee en 'n half jarige dogtertjie. Ons klein wonderwerkie.)
Uitgebrand
Ek brand uit soos 'n kers wat
aan albei kante brand.
Die was drup orals af
Orals vervuil van my was.
was georganiseerd
is deurmekaar
was gefokus
is deurmekaar
was positief oor alles
is deurmekaar oor alles
My kersliggie flikker...
te min suurstof om my...
besig om te versmoor
besig om myself te verloor
Ek voel altyd goor...
My kersie is besig om uit te brand.
Ek weet nie meer watter kant
begrawe sommer my kop in die sand...
(Geskryf iewers tussen 2008 en 2010)
aan albei kante brand.
Die was drup orals af
Orals vervuil van my was.
was georganiseerd
is deurmekaar
was gefokus
is deurmekaar
was positief oor alles
is deurmekaar oor alles
My kersliggie flikker...
te min suurstof om my...
besig om te versmoor
besig om myself te verloor
Ek voel altyd goor...
My kersie is besig om uit te brand.
Ek weet nie meer watter kant
begrawe sommer my kop in die sand...
(Geskryf iewers tussen 2008 en 2010)
Teken in op:
Plasings (Atom)