Sondag 21 September 2025

Raakvrate Geskryf deur Marelize Swanepoel


“Ek kan nie meer nie.” Ek sak neer op die stoel, my kop val op my arms, dit voel asof ek nie asem kan kry nie.

“Izzie, wat is fout, wat ís dit nou?” Sunette, wat saam met my gestap het om my met die stapel opstelboeke te help is dadelik langs my. Sonder om aan my te raak. Want ek het nagelaat om die klaskamer se deur toe te maak. En netnou sien iemand.

“Dit!”

Ek beduie met my arms. Hoe anders kan ek aan haar oordra wat dit is wat besig is om my tot breekpunt te dryf?

“Wat bedoel jy met ‘dit’?” Verwarring is duidelik te lees op haar gesig.

“Ek weet nie eens waar om te begin nie, Sunette.” Ek vee my gesig met my bloes se mou af. “Ek kan nie meer sonder drukkies nie. Ek kan nie meer verby ’n moedelose kind stap sonder om hulle met ’n hand op die skouer te bemoedig nie. Ek kan nie meer huilende kinders met woorde alleen paai nie.” My kneukels span soos ek myself met ’n omhelsing probeer troos. “Hoe propageer ek sosiale afstand as ek self nie daarin glo nie?”

 

Dit voel soos gister dat meneer Sweldt ’n noodpersoneelvergadering byeengeroep het. “Goeiemôre, dames en here,” het hy met ’n somber stem gesê, “ons het pas nuwe kommunikasie van die departement ontvang. Enigiemand wat die sosiale afstandreël minag sal dissiplinêr aangekla word – dit sluit onderwysers en leerders in. ‘Raakvrate’, soos die departement hierdie oortreders noem, sal nie langer geduld word nie.”

My moed het tot in my skoene gesak.

Maar dit was nie al nie. Hy het voortgegaan: “Ons is almal bewus daarvan dat die virus deur aanraking versprei word, julle is dus gewaarsku. Addisionele maatstawwe sal ingestel word om die situasie te monitor.”

Ek en Sunette het gelyk met geligte wenkbroue na mekaar gekyk. Sy is een van my beste vriendinne, maar anders as ek, is sy ’n pliggie. Sy verstaan my sienswyse, maar “die regte ding” is tweede natuur vir haar.

Daardie deuntjie eggo nou in my ore, hoewel dit uit my eie mond kom: “Sosiale afstand, outjies! Moenie aan mekaar raak nie!”

Net om om die volgende draai te stap en te sien hoe twee latte bladskud of twee vriendinne mekaar ’n sydrukkie gee. Skuldige ogies wat wegkyk as hulle sien juffrou het hulle gewaar. Ek is veronderstel om hulle te straf – sonder enige waarskuwings. Gevolglik loop ek siende blind in die gange rond. Ek is self skuldig.

 

“Sunette, hoe straf ek kinders as ek self die sosiale afstandreël verbreek? En nou kan ek my werk verloor?”

Sunette sug. “Izzie, ek weet jy sukkel hiermee. Ek sien hoe dit jou uitmergel en ek verstaan dit in ’n mate. Belowe my jy sal versigtig wees.”

Duidelik het Sunette haar kant gekies.

            En ek?

Ek kan nie eens meer ’n lekker Netflix-movie geniet nie. Nie nadat ek met ’n skok besef het dat ek die karakters oordeel as hulle aan mekaar raak of mekaar omhels nie. Hoe het ek hiér gekom? Is ek gewoon ’n tweegesig? Ek reageer al outomaties as ek oortreders sien, maar ek bly onwillig om hulle te straf.

So gekondisioneer is ek al. En ek wíl nie so wees nie. Ek doen my werk, want dis wat van my verwag word, maar agter geslote deure volg ek my hart.

            Ek was nog altyd ’n empatieke onderwyser wat my leerders met deernis behandel. Dis tweede natuur vir my om ’n ”vat-vyf”-hand op te hou wanneer my kinders iets goeds doen, om verby ’n tafel te stap en ’n leerder met ’n skouerdrukkie te kalmeer tydens ’n toets, of om ’n sielsongelukkige kind te omhels omdat woorde eenvoudig ontbreek. My liefdestaal is aanraking – om te gee en te ontvang. Dit breek my brein, dit breek my hart, en dit breek my as onderwyser.

            Die volgende oggend het die toepassing van die addisionele maatstawwe my totaal geskok. Elke graad is apart saal toe geroep en dienooreenkomstig aangespreek:

“Grade mag nie meer deurmekaar pouse hou nie, ons kan julle nie vertrou om die sosiale afstand te handhaaf nie. Julle sal pouses na julle geallokeerde speelareas toe gaan en van die stoele gebruik maak wat om die geel geverfde kruise staan. Stoele mag nie geskuif word nie. Raakvrate sal nie meer geduld word nie.”

Mnr. Sweldt was ’n baie ongewilde persoon op daardie oomblik. Ek kon nie help om die gefluisterde kommentaar te hoor nie:

“Moet ons nou soos soet eendjies in ’n ry sit?”

“Ek gaan nie op daardie stoel sit nie, wat kan hulle kamma aan my doen?”

“Wat vir ’n ding is ’n raakvraat?”

 

Daar sal altyd rebelle wees. My registerklas was vol vrae ná die gewraakte saalbyeenkoms.

“Juffrou, verduidelik asseblief vir ons wat ’n ‘raakvraat’ is?” vra Katrien.

“Juffrou, wat gaan gebeur as ons nie op die stoele sit nie?” laat hoor Johan.

“Outjies, sit net eers, asseblief. Raak rustig.” Ek staan voor met my hande in die lug. Dit neem ’n rukkie voordat almal hul sitplekke ingeneem en hul aandag op my gevestig het.

“Katrien, ’n raakvraat is iemand wat nie die sosiale afstandreëls nakom nie. Dis iemand wat heeltyd aan ander mense vat, jy weet soos in drukkies gee en handskud. Jy is mos ’n vraat as jy te veel eet. Jy is  nou ’n vraat as jy aan almal raak.”

Ek wurg die woorde uit, ek weet nie of die kinders kan sien dat ek daaraan wil verstik nie. Onderwysers moet uit een mond praat, uit een mond straf.

“Johan, ek wil nie hê ons moet van jou ’n voorbeeld maak nie. Dis voorskrifte wat direk van die onderwysdepartement gekom het. Ek weet jy wil nie dissiplinêr verhoor word nie ...”

“Dissiplinêr verhoor omdat ek nie op ’n stoel wil sit nie, Juffrou?” Johan praat heeltemal te hard en ek skrik vir sy woorde.

“Johan, jy weet goed dis nie wat ek bedoel nie. Die saak staan so: Die departement probeer julle beskerm teen die oordrag van die virus. Uiterste omstandighede vereis uiterste maatreëls.”

 

Dis juis hierdie uiterste maatreëls wat my tot breekpunt gebring het. Skoolgee het drasties verander. Ek het oornag van ’n onderwyser in ’n polisievrou verander, ’n oppasser wat iemand soek om te straf, iemand wat heeltyd propaganda uitspoeg. Ek leer om ’n masker te dra. Hoe vertrou jy ’n onderwyser wat agter ’n masker skuil?

Saans kan ek nie meer slaap nie. Ek droom die aakligste drome. Een aand gaan dit oor arms. Dat amper niemand meer met arms gebore word nie. Ander het arms wat afval as hulle aan iemand raak. Ek sien myself in die middel van ’n groep – terwyl my arms deur ’n onsigbare mag agter my rug vasgewerk word. Heeltyd word hierdie één woord herhaal: raakvraat, raakvraat, raakvraat.

Die intensiteit bou op tot ’n staccatorefrein. My snikke en my  man se arms om my  ruk my uit die nagmerrie. My wange, kussing en slaapklere is deurweek. My bo-laken is om my gedraai soos ’n galgtou. Hierna het ek gesukkel om te slaap en my psigiater moes my medikasie aanpas.

 

Die ergste oomblik vir my was toe ’n kind ’n ander kind as ’n raakvraat uitkryt. Die departement se woorde, herhaal deur my hoof, dieselfde woord wat oor my lippe gevloei het, word nou as ’n wapen tussen kind en kind gebruik.

            Dis nie lank nie of onderwysers begin ook om oortreders “raakvrate” te noem. Raakvraat. Die skeldnaam vir daardie leerders wat nie die “sosiale afstand” respekteer nie.

Raakvrate wil ander aansteek. Raakvrate gee nie om vir ander mense nie. Raakvrate is selfsugtig. Raakvrate is vuil. Raakvrate is reëlbrekers. Leerders word aangemoedig om raakvrate aan te meld by hulle onderwysers en die skoolraad. Aanmelders kry ’n sterretjie. Raakvrate word oor die interkom uitgeroep en summier huis toe gestuur. Hulle moet dokter toe gaan en ’n virustoets ondergaan voor hulle toegelaat word om weer skool toe te kom. Hierdie toets word ook as verswarende omstandigheid gebruik gedurende hul dissiplinêre verhoor.

 

Ek is sielsongelukkig en wil nie meer ’n juffrou wees nie. Dag na dag moet ek sien hoe my kinders sukkel om die reëls te gehoorsaam, moet ek hulle kondisionering verduur. Ek reken dis wat my aangespoor het om daarteen op te staan. Ek kon nie my kinders oorlaat aan die haatveldtog nie. Ek het ’n trotse raakvraat geword. Ek het die woord my eie gemaak. Ek wou nie toelaat dat ’n blote woord van my besit neem en my verander nie.

            My stoorkamer word ’n veilige hawe vir diegene wat vertroosting soek. “Kan ek juffrou in juffrou se stoor sien?” het die kodewoorde geword vir “Juffrou, ek het ‘n drukkie nodig ...”

Ek is gelukkig dat ek nog nie uitgevang is nie.

            Tot die dag toe die departement by ons skool opdaag en “onderhoude” met kinders en personeellede begin voer.

            “Sunette, het jy gesien daar word elke periode ’n klompie kinders uitgeroep?” vra ek.

Sy knik. “Ja. Hulle kom met rooi gehuilde oë uit die kantoor. Ek wonder wat gaan daar binne aan.”

Ek is net so nuuskierig oor die “onderhoude” en die feit dat die hoof dit alles agter ’n geslote deur doen. “Wat het geword van verteenwoordiging?” vra ek heftig. “Weet die ouers dat die departement met die kinders praat sonder die teenwoordigheid van ’n volwassene?”

“Izzie, wees versigtig wat jy so hard in my klas sê. Jy weet my klaskamer is skaars ’n klipgooi van die personeelkamer af,” skerm Sunette.

“Nou hoekom maak ons nie die deur toe terwyl ons praat nie?” wil ek skoorsoekerig weet. Dis nie die eerste keer dat sy my probeer inrem oor my opinies nie.

“Izzie, moenie so wees nie. Jy weet ons hou ons klasdeure oop omdat die departement dit vereis. Daar moet goeie ventilasie wees om die oordrag van die virus te stuit.”

Sunette klink soos ’n papegaai. Wie se woorde spoeg sy nou vir my terug? Meneer Sweldt s’n of die man van die departement?

Later het ek nie meer by Sunette gaan sit tydens pouses of af periodes nie.

 

Die departement se teenwoordigheid het vinnig sigbaarder geword. Agent 1 het ’n kantoor in die hoofgebou gekry en Agent 2 is aangestel as die nuwe lewensoriënteringsonderwyser. Aanvanklik het ons niks vermoed nie, maar stuk-stuk het die inhoud van ons gesprekke tydens personeelvergaderings op die lappe gekom.

Ons private gedagtes was nie meer ons eie nie. Ons het gou nie meer geweet vir wie ons mag vertrou nie. Ek het opgehou om personeelkamer toe te gaan. Ek was gestrand op my eie eiland. Dit was net ek en die kinders.

            “Juffrou, ons kan nie so aangaan nie!” laat Katrien hoor toe sy voet in my klas sit.

“En nou, Katrien, wat het jou so omgekrap?”

“Juffrou, hierdie ‘pandemie’ om mee te begin. Daai mense van die onderwysdepartment loop soos polisiehonde hier rond en sê vir ons wat ons moet doen. My vriende is bang vir hulle, bang om ’n voetjie skeef neer te sit, bang hulle word ook ingeroep!”

Katrien skep asem. “Juffrou, ons loop soos soldaatjies in rye, ons sit soos eendjies in rye, ons kyk skaars skeef vir mekaar dan moet ons die departementsman in sy kantoor gaan sien. En as nog één persoon vir my sê ek moet oppas of hulle gaan my verkla oor ek ’n ‘raakvraat’ is, gaan ek hulle iets aandoen!”

“Katrien, kom ons gaan praat in my stoorkamer.”

“Nee, Juffrou. Ek kan dit nie meer vat om agter geslote deure te praat nie.”

“Nou ja, toe, wat stel jy dan voor?” Ek besef ek speel op oom Nicklaas se voorstoep, maar ek voel nes Katrien. Ek maak my klas se deur toe en wys vir die leerders om sagter te praat. “Julle, kom ons bespreek die kwessie soos rasionele mense.”

“Wat help dit ons bespreek dit, Juffrou?” vra Johan.

“Dit help om daaroor te praat sodat ons van ons frustrasies kan ontslae raak,” antwoord ek.

“Maar om net te praat en niks daaromtrent te doen nie, is ook frustrerend, Juffrou,” kla Katrien terwyl sy haar tafel met haar vuis slaan.

“Katrien, dit gaan nie help om jou humeur te verloor nie. Ek verstaan jou frustrasie, maar ons moet rasioneel wees. Want wat help dit om ’n bohaai op te skop en al wat gebeur, is dat jy huis toe gestuur word?” Ek haal diep asem en probeer weer. “Kom sien my asseblief eerste pouse, nou moet ons op ons werk fokus.”

            Katrien het my inderdaad gedurende die eerste pouse kom sien. Vir die eerste keer in my lewe het ek ’n kind in my vertroue geneem. Ek kon nie meer “die juffrou vs. die kind” wees nie. Ons voel dan dieselfde oor die situasie. Ons plan van aksie was soos volg: Ons kan onsself nie openlik verset nie. Ons moet strategies te werk gaan en uitvind wie ook soos ons voel.

Ek het nooit uitgevind wat ons gaan doen as ons dít eers weet nie, want ek is die volgende dag ingeroep na Agent 1 se kantoor. Iemand het my verkla van aanhitsergedrag en dat ek ’n raakvraat-pedofiel is.

“Mevrou – h’m – ons is bewus daarvan dat jy saam met minderjarige kinders in jou stoorkamer gaan en aan hulle raak,” laat hoor Agent 1 met sy bromstem.

Ek gaap hom aan. “Wat? Dis nie hoegenaamd soos jy dit laat klink nie, ek weet nie waar hierdie aantyging vandaan kom nie! Ek het nog nooit aan enige kind ’gevat’ soos jy dit laat klink nie.” Trane brand agter my oë.

“Soos ek dit laat klink? ’n Hele aantal leerders het by ons kom kla dat jy hulle gereeld na die stoorkamer neem en druk.”

Ek snak na asem. Tegnies is dit waar, maar ek het nog nooit ’n kind onbehoorlik “aangeraak” of “betas” nie, ek ondersteun hulle bloot met ’n drukkie. Nie een kind in my stoor was daar onder protes nie. Elkeen het deur ’n emosionele krisis gegaan en het ondersteuning nodig gehad. Nou word ek bestempel as ’n “raakvraat-pedofiel” omdat ek aan hulle geraak het.

 

Agent 1 en die skoolhoof het my opsies baie duidelik uitgespel:

1.     Ek word aangekla deur die skoolbestuur en die onderwysdepartement.

2.     Ek bedank en die aanklag verdwyn.

 

Die onregverdigheid en onbillikheid van dit alles het my oor die rand gedryf. Ek is daardie selfde middag opgeneem. Dit het nie my saak by die skool verbeter nie. Hulle het aangevoer dat hulle my moes laat gaan, dat ek nie meer die druk van skoolgee kon hanteer nie.

Die “druk” van skoolgee.

Die woordspel verstom my steeds. Amper meer as die stempel van rigiditeit wat tans op leerder én onderwyser afgedruk word. En tog was my pogings nie verniet nie. Ander het in my spore gevolg. Ek was nie die laaste onderwyser wat geforseer was om te bedank nie. Waar dit sal eindig, weet ek nog nie, maar iets het onder die druk begin roer.

 

 

 

 

 

 

Dinsdag 30 Maart 2021

Wondering

Wondering what can be

now that I am free…

 

Talking for hours on end

Wondering if you will be more than a friend.

 

You are attached but not connected

subjected to an impossible situation.

The relationship is not what you expected.

Being drowned by frustration.

 

I’m wondering about our connection

Thinking of you with newly discovered affection.

We can talk for hours on end

Why can’t our paths just blend?

 

Wondering how it would feel in your arms

I can hear no alarms…

I know you like me a lot

Wondering if we could have our one shot?

 

I don’t know what the future may bring

but I know there is this thing…

This thing between us is growing

Our hearts are showing

So many emotions are loading.

 

Wondering what could be…for now.

Patience is the name of the game.

 

(Feb/March 2021)

 

 

My own skin

 Drifting with the melody in the night sky

Feeling the light ocean breeze stirring my hair

Salty wetness cling to my skin like the kiss of a lover

 

Everything overpowers my senses:

Coffee aromas

Food that feeds my soul

A voice mixed with the melody of a song

 

I feel at home

I feel at peace

I feel like I have not felt in a long time

 

I feel at home in my own skin.

 

Marelize Swanepoel

29 March 2021


Vrydag 12 Maart 2021

Remembering your touch

Fingertips trace the outline of my body

Little hairs rise with anticipation:


Sure hands grip my thighs

Truly unable to contain my sighs 

Nails leaving their mark as they descend

My composure is nothing but pretend


Staring into burning eyes

Feeling my pulse rise

The whimper escapes my lips

as I buck up my hips…


Your touch makes me long for more

Shaking my foundations to the core

I pull your face to mine

Letting our bodies touch and intertwine.


Feeling your lips on my skin

This is where all the sin begin

With such tenderness, you bite my lip,

Taking a long and burning sip.


Our bodies pull together like two magnets

Spiraling down into the blackness

Your tongue replace your fingertips

Sucking on me with your lips


I’m a willing prisoner of your power

Submitting to you every hour…

With heightened senses, I now know,

Floating in my afterglow,


Your touch will forever be etched in my mind

The experience, truly one of a kind

Your touch seared into my flesh, so deep

Succumbing to the twilight sleep.


Donderdag 11 Maart 2021

Jy

 

Jy is die rede:

 

Vir my seer en vir my haat

Want al wat jy gedoen het was om my te skaad.

 

Jy wakker die twyfel in my

En herinner my elke dag aan my voete van klei.

 

Jy en jou woorde het my met snye gelos

My laat twyfel in wie ek was en my my selfbeeld gekos.

 

Jy het my geleer wat dit was om alleen te voel

En te lees tussen die lyne van wat jy eintlik bedoel.

 

Jy is gelukkig nou weg,

Maar jou gif is steeds binne my are gevleg.

 

Elke ses maande is nou ‘n vonnis…

Hoe maak ek nou beloftes?

 

Jy is die rede vir my pyn,

Maar jy gaan nie my hou aan ‘n lyn.

Woede borrel steeds in my are

Maar met Sy genade

Sal ek opstaan en herruis

Jou vermorsel onder my voet, vergruis.

Dinsdag 14 Augustus 2018

Die tandemuis

Die tandemuis is ’n rare ding
wat enige kind se hart laat sing.

Saggies sluip die sluwe muis
rond in jou ouers se huis.

Versigtig en stil skarrel hy rond
opsoek na die tand uit jou mond.

Niemand mag hom sien
anders kry hy wat hy verdien:

Liewe mens
Slaap sag in jou bed
en hierdie muis sal jou wed.
’n Geldjie in jou skoen
en ’n muis wat sy werk kan aanhou doen.

Vir Monja

Ek sien die wêreld deur jou oë
en weet dat niks jou kan keer
om die lewenslesse te leer
en in wonderwerke te glo.

Ek sien die wêreld deur jou oë:
Prinsesse red drake in die nag 
en wen skaak kompetisies in die dag.
Jy besef al die geskenke kom van bo.

Ek sien die wêreld deur jou oë:
’n TV-kas word ’n woonstelblok,
jou koets ’n trok.
Daar is géén einde aan jou verbeeldingsvermoë.

Ek sien die wêreld deur jou oë.
Jou liggie skyn so helder...
Jou drome strek verder...
Ons harte word sommer bewoë.

Deur jou oë is die wêreld ’n reis.
Jou drome word nooit opgesluit in ’n kluis.

Augustuswind

Jy maak my siek
wanneer jy die takke heen en weer laat swiep.
Jy skop stofwolke in die lug,
lyk my jy geniet jou plig?

My neus loop met my weg
soos ek die dwarrels probeer veg.
Jy waai my weg,
stof in my mond proe sleg!

Jy tiekiedraai om elke hoek.
Kan jy asseblief net ophou moeilikheid soek?

My neus is al seer geblaas.
Gee my sinusse net ’n kans.

Huiswerkmonster



Ek is bang vir jou:
In my nagmerries speel jy die hoofrol,
my senuwees word wakker in 'n stresbol.

Ek sidder wanneer ek aantrek.
Ek bewe soos ma regmaak vir werk.
Ek gril om net daaraan te dink
al weet ek die monster gaan my nader wink.

Heeldag klappertand ek by die skool
en vrees ek jy kom op parool.
Onderswysers kerm oor goeie gedrag.
...ek wil eerder huil as lag.

In my laaste klas
loop ek in jou vas:

Voor op die skerm
geskryf in die swartste ink
is die woorde wat my laat kerm,
my moed in my skoene laat sink...

Huiswerk is my monster.
Asseblief, roep die verpleegster!

(14 Augustus 2018)

Sondag 11 September 2016

Bewolk

So grys soos die wolke buite
verskeur tussen verskillende besluite.
Die wind los 'n koue gevoel
tog weet ek nie wat dit bedoel...

Ek wonder of dit my lei
of my dalk moet vorm soos klei.
Ek wonder of ek daaruit moet leer,
al voel ek hoe dit my verskeur!

Binne sit en staar ek na buite
vasgekluister in my stoel.
Nêrens om weg te kruip van die gevoel...
worstel ek met menings en feite.

Die donkerte sal wegwaai.
Die son sal weer skyn.
Die hartseer en twyfel sal verdwyn.
My emosies sal my nie meer verraai.

29 jaar oud
April 2015

Vasgekeer

Die wind wat om my vou:

- 'n voël in 'n kou -

Geen beheer
oor al die seer.
Ek voel dit in my wese,
dit vererger die vrese.

Die wind waai donker wolke nader;
"Is jy daar, Hemelse Vader?"

Vasgevang in rou emosie...
'n Wantroue mosie.

Uit die kou wil ek klim
om lig aan myself te bring.

29 jaar oud
April 2015

Ode aan my oumie

In stilte tye soek ek na jou
'n Baie trotse en statige vrou.
Oumie was altyd daar...
in God se arms is oumie nou.

'n Leemte in my hart
is gevul met rou,
want oumie is nie meer hier.

Ouma word gemis.
'n Magdom herinneringe so soet:

'n Liefde vir bak-en-brou
Geselsies wat om my vou
Soveel stories gedeel oor verlede
wat ons deel in ons gene
Oumie se invloed op my lewe
In tye wat my moed my wou begewe
Soveel drukkies gedeel
en kuiers gereël.

Oumie deel soveel tye met my:
Planne om my op universiteit te hou
Oumie daar op die dag wat ek trou
Monja in oumie se arms toegevou

Ek en Oumie kon alles deel
Sjoe, ek mis oumie nou heeltemal te veel.

29 jaar oud
RIP Oumie Lettie Bloem
2015

Lig en donker

Takke voor 'n venster
bries wat daardeur waai.
Flikkerende donkerte
Flikkerende lig

Emosionele flikkering
lig...donker...lig...donker...lig...
Daar moet iets fout wees!
Soek en krap na die oorsaak.
Kritieser oor myself
'n Kritiese sirkel van herhaaldelike krap.

Helder oomblik
Gee lig op die onderwerp...

Chemiese wanbalans hou my van balans
Gee beheer - soos die takke in die bries -

Kennis is mag.
Dit gee jou krag.
Kritiese denke word sag.
Slaap rustiger in die nag.

29 jaar oud - Poortview

Dinsdag 06 September 2016

Afrikaans is vir my...

Afrikaans is vir my...

Afrikaans is ’n
Fynproewersdroom
Ryklik geseën met
Individualiteit
Kunstigheid
Ambassadeurs en
Avontuurlustige stemme
Nuwerwets
Salig

Geskryf na aanleiding van my Ambassadeurskap. 

Soek en gevind

Soek en gevind

Uiteindelik ervaar ek kalmte:

Die soeke is gevind
Die onrus is rustig
Die angs is kalm

Wedrengedagtes snel nie meer deur my kop
Vinnige wegholtreinspraak onder beheer.
Die smagting om iets met my hande te doen
is nou met kalmte versoen.

Om op die oomblik te kan konsentreer
laat my lig voel soos 'n veer.
Om vasgevang te wees in die oomblik
om die ervaring van nou uit te pluk

Groot verligtig om uiteindelik te weet
en al die onsekerheid en angs te vergeet.
Ek is ek, maar net beter.
Ek het myself gevind, verseker.

(5/05/2015)

Stoei met jou



Stoei met jou


Ek het so lank gestaar na jou:
leeg
wit
sonder woord...

so lank nie geskryf nie
so lank terug laas uitgestort
so lank terug aan alles gedink

Waarom het ek opgehou
dink
skryf
neerpen...

te besig vir my pen
te besig vir my papier
te besig vir my altyd bewuste onderbewuste

Hoe dink jy as jy nie weet waaraan nie?
Hoe probeer jy sin maak waar niks wil ink nie?
Die warboel maak nie sin sonder struktuur...
Hoe gee jy struktuur aan dit wat nie wil sin nie?

Soveel verdomde vrae...
Te min tyd, geld, raad, verstaan...
tot in der ewigheid

Ek wil sin maak op papier.
Ek maak myself deurmekaar op papier.
Tyd is om...
Verdomp

(24 jaar oud)
 Ek het hierdie gedig by die lughawe geskryf terwyl ek vir Adriaan gewag het om van Kaapstad af terug te kom.