Jy is die rede:
Vir my seer en vir my haat
Want al wat jy gedoen het was om my te skaad.
Jy wakker die twyfel in my
En herinner my elke dag aan my voete van klei.
Jy en jou woorde het my met snye gelos
My laat twyfel in wie ek was en my my selfbeeld gekos.
Jy het my geleer wat dit was om alleen te voel
En te lees tussen die lyne van wat jy eintlik bedoel.
Jy is gelukkig nou weg,
Maar jou gif is steeds binne my are gevleg.
Elke ses maande is nou ‘n vonnis…
Hoe maak ek nou beloftes?
Jy is die rede vir my pyn,
Maar jy gaan nie my hou aan ‘n lyn.
Woede borrel steeds in my are
Maar met Sy genade
Sal ek opstaan en herruis
Jou vermorsel onder my voet, vergruis.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking