Ingeëts in my vel;
So kan dit die storie vertel.
Die pyn, bekend, soos die naalde penetreer
Herhaaldelik word lewenslesse oor en oor
geleer.
Ink is ‘n vonnis wat altyd bly
‘n Herinnering dat mens altyd ly.
Ek is gemerk om te onthou dat jy altyd daar is.
Grommend by die agterdeur...
Reg om verby te beur...
Om my mee te sleur...
My tweegesig wolf
My bipolêre golf

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking